Dit raak vir ons al moeiliker om u gunstelingjag- en -vuurwapentydskrifte by u uit te kry.
Voortslepende probleme met pos- en handaflewerings; die buitensporige hoë koste van ingevoerde papier, en minder ruimte op winkels se tydskrifrakke is bydraende faktore.
Help ons asseblief om oplossings vir hierdie situasie te vind, deur vyf multikeusevrae te beantwoord hier.
Hieronder is ‘n voorsmaak hoe jou tydskrif in digitale formaat lyk.
Staan ‘n kans om een van twee rooibokjagte te wen!
Bepalings en Voorwaardes van Pakket B
SA Hunt Publishing (Pty) Ltd sal die koste dek vir ’n rooibokjag in die Pongola-distrik in Augustus 2025 onder die volgende voorwaardes:
- Hierdie jaggeleentheid is vir twee jagters en word toegeken aan die individu wie se selfoonnommer uit die lys van respondente op die vraelys getrek word. Die wenner mag een gas van sy/haar keuse nooi.
- Hierdie kompetisie is slegs beskikbaar vir Suid-Afrikaanse burgers wat lesers is van SA Jagter/Hunter en Man Magnum.
- Die jag sal in Augustus 2025 plaasvind.
- Die jaggeleentheid is aangekoop van Goss Game Farm.
- Die diere wat aangebied word, is twee knypkop/penkop-rooibokramme.
- Die pakket sluit in:
- Wild, twee nagte se verblyf, spoorsnyer/gids, skoonmaker en beperkte vuurmaakhout.
- Die wenner sal getrek word uit die selfoonnommers van diegene wat die tydskrifvraelys teen 31 Mei 2025 voltooi het.
- Deur aan die kompetisie deel te neem, gee die wenner en metgesel toestemming dat hul name en foto’s in die SA Jagter/Hunter-, Man Magnum-tydskrifte, in SAJWV-kommunikasiemedia en die webwerf gepubliseer mag word. Hierdie toestemming geld ook vir videomateriaal en enige inligting oor die jag wat die organiseerders na goeddunke sou wou gebruik.
- Die wenner en metgesel moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud oor hul jagervaring vir publikasie en verspreiding soos deur die SAJWV bepaal.
- Enige gewonde/verlore diere sal as gejag en deel van die pakket gereken word (volgens die oordeel van die grondeienaar/beroepsjagter/gids).
- Die prys mag nie verkoop of vir kontant verruil word nie.
- Die wenner mag die prys opgradeer om meer nagte, jagters en/of diere in te sluit vir die wenner se onkoste volgens Goss Game Farm se standaardpryslys en is betaalbaar voor vertrek.
- Die finale jagreëlings sal tussen die plaasbestuurder, die wenner en die bestuurder Jagsake van SAJWV getref word.
Bepalings en Voorwaardes van Pakket C
SA Hunt Publishing (Pty) Ltd sal die koste dek vir ’n rooibokjag in die Pongola-distrik in Augustus 2025 onder die volgende voorwaardes:
- Die jaggeleentheid is vir een jagter en word toegeken aan die individu wie se selfoonnommer getrek word.
- Hierdie kompetisie is slegs beskikbaar vir Suid-Afrikaanse burgers en lesers van SA Jagter/Hunter en Man Magnum.
- Die jag sal plaasvind in ʼn midweek in Augustus 2025.
- Die jaggeleentheid is aangekoop van Goss Game Farm.
- Die dier wat aangebied word, is een knypkop/penkop-rooibokram.
- Die pakket sluit in:
- Wild, twee nagte se verblyf, spoorsnyer/gids, skoonmaker en beperkte vuurmaakhout.
- Die wenner sal getrek word uit die lys van selfoonnommers van almal wat teen 31 Mei 2025 die tydskrifvraelys voltooi het.
- Deur aan die kompetisie deel te neem, gee die wenner en sy/haar metgesel toestemming dat hul name en foto’s in die SA Jagter/Hunter, Man Magnum, in SAJWV-kommunikasiemedia en die webwerf gepubliseer mag word. Hierdie toestemming geld ook vir videomateriaal en enige inligting oor die jag wat die organiseerders na goeddunke sou wou gebruik.
- Die wenner moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud oor sy/haar jagervaring vir publikasie en verspreiding soos deur SAJWV bepaal.
- Enige gewonde/verlore diere sal as gejag en deel van die pakket gereken word (volgens die oordeel van die grondeienaar/beroepsjagter/gids).
- Die prys mag nie verkoop of vir kontant verruil word nie.
- Die wenner mag die prys opgegradeer om meer nagte, jagters en/of diere in te sluit vir die wenner se onkoste volgens Goss Game Farm se standaardpryslys en is betaalbaar voor vertrek.
- Die finale jagreëlings sal tussen die plaaseienaar, wenner en die bestuurder Jagsake van SAJWV getref word.
Stuur vir ons kommentaar, vrae of voorstelle