Gamagara-Tak 300m CHALLENGE
Die 5de verjaarsdag van die 300 m Challenge het op 4 Oktober 2025 op die Sishen Skietbaaan by Kathu plaas gevind. Wat ‘n challenge uit die skuts se kommentaar, moeilike teikens, baie warm weersomstandighede en die verskeie uitdagende skietruste, dis waaroor die 300m Challenge gaan om die skut se skietvaardighede te beproef,
Die 300m Challenge is die enigste skietkompetisie in sy soort in Suid Afrika en word deur die SAJWV Gamagara Tak in die Noord Kaap aangebied. Alle jaggebaseerde SAJWV papierteikens asook ghonge word op 300m geskiet. Vier kultuur aspekte vir die dag was bereik.
Die ATKV Kathu Tak en die SAJWV Gamagara Tak het ten doel om die 300 m Challenge skiet kompetisie as platvorm te gebruik om die kultuur van skiet onder huisgesinne, familie lede en vriende te vestig en te bevorder op SAJWV jaggebaseerde teikens en ghonge onder die huidige weersomstandighede van die dag oor verskeie skietruste met wapen veilingheid as prioriteit asook die om die kultuur van samesyn onder lede te vestig met ‘n Brandfyn proe met “finesse” onder mans en dames asook vermaak deur sangers Jan Rhraap en George Vintage met ‘n lekker braai op die kole.
Windbuks skiet as kultuur was aangebied vir die jongspan om opkomende skuts vir die sport voor te berei asook ‘n bulletjie en versie braaiworsie en broodjie braai kompetisie was aangebied vir die jongspan. ‘n Springkasteel was ook daar om die kleiner kindertjies se energie te tap. Groot kontant pryse asook gelukstrekkinge was te wen in alle kategoriee.
Die ATKV asook SAJWV Gamagara Tak beywer hul vir Natuur bewaring in die omgewing en die volgende projekte was ondersteun, naamlik die vervaardiging van Nonnetjies uilneskaste volgens spesifikasies van SAJWV (Projek Groot Oog) asook die oorhandiging van AGRI Solar Game Cams om die Ietermagogs te monitor en beskerm teen wildstropers.