SA Jagters se lede bestee graag tyd in die buitelug en baie lede is kranige fotograwe wat graag hulle foto’s met ander deel. SA Jagters se Fotografiekompetisie is veeldoelig:
Alle opbetaalde lede van die Vereniging mag aan die 2023 Amateur Fotografiekompetisie deelneem.
Die kategorieë maak voorsiening vir foto’s met selfone en DSLR/spieëllose kameras
Lede wat hulle foto’s vir die SA Jagters Fotokompetisie inskryf, verleen outomaties toestemming aan SA Jagters om die foto’s op verskeie platforms te gebruik, met volle erkenning aan die fotograaf.
Ervare fotograwe beoordeel al die inskrywings vir elke tema volgens tegniese kwaliteit.
Die kompetisie duur van 1 Januarie tot 30 Novmeber elke jaar.
Die 2023-kompetisie sluit op 30 November.
Toekennings aan kwalifiserende inskrywings is soos volg:
Die sertifikate word op lede se aanlyn profiel op die webwerf gelaai.
Lede kan goud-, silver- en bronsbalkies, soortgelyk aan die skietbalkies, deur hulle takke bestel na afloop van die jaar se kompetisie.
Beste fotograaf en foto’s van die jaar
Aan die einde van die jaar (die kompetisie sluit op 30 November) word ʼn wenner in elke kategorie gekies waaruit die beste fotograaf en foto van die jaar aangewys word.
Die top 30 in die Fauna en Flora (DSLR/ML) kategorie word aangewys en die top 10 in al die ander kategorië.
Die kategorieë vir die kompetisie sluit die tipiese omgewing of omstandighede in waarin lede hulle mag bevind wanneer hulle aan enige van SA Jagters se aktiwiteite deelneem. Lede mag elke maand ʼn totaal van 10 foto’s inskryf, met ʼn maksimum van 5 foto’s in kategorie 1 en 2 (Fauna en Flora); en 5 foto’s vir kategorie 3, 4, 5 en 6 (Takaktiwiteite en Bewaring, Die Skietbaan, Die Jagveld, Mentorskap).
Slegs foto’s van fenotipiese fauna en flora in hul natuurlike habitat wat inheems is aan Afrika, en foto’s van verantwoordelike en volhoubare jag- en skietpraktyke word aanvaar.
Die volgende beskrywings van die reëls is van toepassing op die fotografiekompetisie:
Die kompetisies is oop vir alle opbetaalde lede van SA Jagters maar is uitsluitlik vir amateurfotograwe (persone wat nie fotografie as ʼn beroep beoefen nie)
Inskrywings is gratis.
BAIE BELANGRIK Elke foto-inskrywing moet een-een per e-pos ingestuur word na sahuntphoto@gmail.com met die maand waarin die kompetisie plaasvind in die onderwerpslyn.
Al die onderstaande inligting moet elke inskrywing vergesel:
*(Wenk: knip en plak die 10-punte lysie hierbo in jou e-pos vir elke inskrywing)