Ons bied lede oud en jonk die geleentheid om hul fotografie te deel, hul vaardighede te verbeter en om mee te ding.
SA Jagters se lede bestee graag tyd in die buitelug en baie lede is kranige fotograwe wat graag hulle foto’s met ander deel. SA Jagters se Fotografiekompetisie is veeldoelig:
Alle opbetaalde lede van die vereniging mag aan die Amateur Fotografiekompetisie deelneem.
Die kategorieë maak voorsiening vir foto’s met selfone en DSLR/spieëllose kameras
Lede wat hulle foto’s vir die SA Jagters Fotokompetisie inskryf, verleen outomaties toestemming aan SA Jagters om die foto’s op verskeie platforms te gebruik, met volle erkenning aan die fotograaf.
Ervare fotograwe beoordeel al die inskrywings vir elke tema volgens tegniese kwaliteit.
Die kompetisie duur jaarliks van 1 Januarie tot 31 Desember.
Elke kategorie en sy subkategorieë word volgens verskillende kriteria beoordeel. Die mees uitdagende en mededingende kategorie is “Fauna en Flora” vir volwassenes (18 jaar en ouer) wat DSLR- en spieëllose (ML) kameras gebruik.
Toekennings aan kwalifiserende inskrywings is soos volg:
Die sertifikate word op lede se aanlyn profiel op die webwerf gelaai.
Lede wat toekennings ontvang, kan platinum, goud, silwer of brons fotobalkies, soortgelyk aan die skietbalkies, deur hulle takke bestel.
Fotograwe se inskrywings staan ook ’n kans om op die voorblad van die SA JAGTER tydskrif te verskyn, en sal ʼn spesiale toekenning vir hierdie prestasie ontvang.
Na afloop van die jaar se kompetisie, sal die Fotograaf van die Jaar en kategoriewenners bekend gemaak word. ʼn Kategoriewenner word slegs aangewys in kategorieë met tien of meer inskrywings.
Die kategorieë vir die kompetisie sluit die tipiese omgewing of omstandighede in waarin lede hulle mag bevind wanneer hulle aan enige van SA Jagters se aktiwiteite deelneem.
Elke kategorie het drie ouderdomsgroepe:
Lede mag elke maand ʼn totaal van 15 foto’s inskryf in verskillende kategorieë:
Slegs foto’s van fenotipiese fauna en flora in hul natuurlike habitat wat inheems is aan Afrika, en foto’s van verantwoordelike en volhoubare jag- en skietpraktyke word aanvaar.
Die volgende beskrywings van die reëls is van toepassing op die fotografiekompetisie: