• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

AANSOEKPROSES VUURWAPENLISENSIES

firearm licences ownership

WETLIKE VUURWAPEN EIENAARSKAP - ONS FOKUS

SA Jagters bevorder en beskerm verantwoordelike vuurwapeneienaarskap binne Suid-Afrika se regsraamwerk

1. Opleiding vir Bevoegdheid

Artikel 9 van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) vereis dat ʼn persoon wat wil aansoek doen vir ʼn bevoegdheidsertifikaat om ʼn vuurwapen te besit aan die volgende voorwaardes moet voldoen:

  • ʼn Suid-Afrikaanse burger van minstens 21-jaar oud is
  • Sonder ʼn kriminele rekord
  • Geen klagtes van nalatige gebruik van ʼn vuurwapen teen hom hê nie
  • Die voorgeskrewe vuurwapenvaardigheidsopleiding by enige geakkrediteerde vuurwapenopleidingsentrum voltooi

Die vuurwapenvaardigheidsopleiding sluit die volgende opleidingsmodules in gebaseer op die eenheidstandaarde (soos verskaf deur die geakkrediteerde vuurwapenopleidingsentrums):

  • 117705 – kennis van die wet (verpligtend – Art 9 (2) (q) Act 60 of 2000)
  • 119649 – hantering en gebruik van ʼn handwapen
  • 119650 – hantering en gebruik van ʼn selflaaigeweer
  • 119651 – hantering en gebruik van ʼn grendelaksiegeweer
  • 119652 – hantering en gebruik van ʼn haelgeweer
  • 243200 – hantering en gebruik van ʼn swartkruitvuurwapen

Die voorgeskrewe bevoegdheidsopleiding moet by ʼn opleidingsentrum plaasvind wat by die Professional Firearms Trainers Council (PFTC) geakkrediteer is. Sien die lys van geakkrediteerde vuurwapensentrums in jou omgewing.

Die opleidingsinstituut verskaf die korrekte studiegidse vir selfstudie en voorbereiding vir elke eenheidstandaard.

Op die dag van die kursus sal die assessor die teoretiese aspekte van die opleiding en die gebruik van ʼn vuurwapen bespreek voordat die aansoeker die eksamen/toets en die praktiese skiettoets aflê.

Indien die aansoeker die vuurwapenopleiding slaag, sal die opleidingsinstituut ʼn sertifikaat (Statement of results) uitreik.

ʼn Gesertifiseerde afskrif van die sertifikaat moet die aansoek vir ʼn bevoegdheidsertifikaat vergesel.

2. Aansoek vir Bevoegdheid

Voltooi vorm SAPS 517  met ʼn swart pen

Heg die volgende dokumente aan jou die aansoekvorm:

  • Twee gesertifiseerde afskrifte van jou identiteitsdokument
  • Bewys van woonadres (nie ouer nie as 3 maande)
  • Gesertifiseerde afskrif van jou bevoegdheidsopleidingsertifikaat (Statement of Results)
  • Drie getuigskrifte van familie en vriende of kollegas wat jou hoedanighede beskryf (Een van ʼn familielid en twee van vriende of familie)
  • Twee volkleur paspoortfoto’s
  • Die aangewese vuurwapenoffisier (DFO) sal twee stelle vingerafdrukke op die SAPS 91 vingerafdrukvorm neem om enige kriminele rekord na te gaan.
  • R92 kontant

Die SAPD sal die aansoek verwerk en ʼn bevoegdheidsertifikaat uitreik.

Die bevoegdheidsertifikaat bevestig dat die aansoeker voldoen aan die voorwaardes om ʼn vuurwapen te besig soos vereis ingevolge Artikel 9 of die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000). Sodra jy jou bevoegdheidsertifikaat ontvang het, kan jy aansoek doen vir jou vuurwapenlisensie.

3. Aansoek vir Verdere Bevoegdheid

Voltooi vorm SAPS 517(a) met ʼn swart pen

Sluit die volgende dokumente in by jou aansoek:

  • Twee gesertifiseerde afskrifte van jou identiteitsdokument
  • Afskrif van jou bestaande bevoegdheidsertifikaat
  • Gesertifiseerde afskrifte van die PFTC opleidingsertifikaat vir die kategorie vuurwapen waarvoor jy aansoek doen.
  • Vorige POLSEC en SASSETA opleidingsertifikate wat nog geldig is.
  • Bewys van woonadres (nie ouer nie as 3 maande)
  • Drie getuigskrifte van familie en vriende of kollegas om jou hoedanighede te beskryf (Een van ʼn familielid en twee van vriende of kollegas)
  • Twee volkleur paspoortfoto’s
  • Drie volkleur foto’s van jou kluis onderskeidelik met die deur toe, met die deur oop, en een wat die kluis se slot vertoon. (Die foto’s van die kluis is nie ʼn vereiste vir die aansoek van ʼn bevoegdheidsertifikaat nie, maar sommige aangewese vuurwapenoffisiere [DFO] vereis dit. Sluit dit maar in.)
  • Die aangewese vuurwapenoffisier (DFO) sal twee stelle vingerafdrukke neem vir die SAPS 91 vingerafdrukvorm.
  • R92 kontant.

SAPD sal die aansoek verwerk en ʼn nuwe bevoegdheidsertifikaat uitreik.

4. Hernuwing van bevoegdheid

Voltooi vorm SAPS 517(g) met ʼn swart pen.

Heg die volgende dokumente by jou aansoek:

  • Twee gesertifiseerde afskrifte van jou identiteitsdokument
  • Afskrif van jou bevoegdheidsertifikaat
  • Gesertifiseerde afskrif van jou PFTC-uitslae in die kategorie vuurwapen waarvoor jy nou vir ʼn lisensie aansoek doen. (Hierdie opleidingsertifikate is nie ʼn vereiste vir die aansoek nie, maar sommige aangewese vuurwapenoffisiere versoek dit. Neem dit saam met jou.)
  • Vorige POLSEC en SASSETA opleidingsertifikate wat steeds geldig is
  • Bewys van woonadres (nie ouer nie as 3 maande)
  • Drie getuigskrifte van familie en vriende of kollegas wat jou hoedanighede beskryf. (Een van ʼn familielid en twee van vriende of kollegas)
  • Drie volkleur foto’s van jou kluis onderskeidelik met die deur toe, met die deur oop, en een wat die kluis se slot vertoon. (Die foto’s van die kluis is nie ʼn vereiste vir die aansoek van ʼn bevoegdheidsertifikaat nie, maar sommige aangewese vuurwapenoffisiere [DFO] vereis dit. Sluit dit maar in.)
  • Die aangewese vuurwapenoffisier (DFO) sal twee stelle vingerafdrukke neem vir die SAPS 91 vingerafdrukvorm.
  • R92 kontant.

SAPD sal die aansoek verwerk en ʼn nuwe bevoegdheidsertifikaat uitreik.

5. Vuurwapenlisensie-aansoek

Voltooi vorm SAPS 271 met ʼn swart pen.

Heg die volgende dokumente by jou aansoek:

  • Twee gesertifiseerde afskrifte van jou identiteitsdokument
  • Afskrif van jou bevoegdheidsertifikaat
  • Afskrifte van bewys van opleiding; en POSLEC, SASSETA, of PFTC bewys van opleiding/Statement of Results (Dit is nie ʼn vereiste nie, maar sommige aangewese vuurwapenoffisiere versoek dit)
  • Bewys van adres (nie ouer nie as 3 maande)
  • Drie volkleur foto’s van jou kluis onderskeidelik met die deur toe, met die deur oop, en een wat die kluis se slot vertoon. (Die foto’s van die kluis is nie ʼn vereiste vir die aansoek van ʼn bevoegdheidsertifikaat nie, maar sommige aangewese vuurwapenoffisiere [DFO] vereis dit. Sluit dit maar in.)
  • Voltooi motivering vir elke vuurwapenlisensie waarvoor jy aansoek doen.
  • Endossement wat bevestig dat die vuurwapen geskik is vir die doel soos in jou aansoek gemotiveer is. Druk aansoekvorm uit hier
  • Enige ander dokumente wat jou motivering ondersteun. bv. jagfoto’s
  • Uitnodigingsbriewe van boere wat bevestig dat jy toestemming het om op hulle plase te jag
  • Afskrifte van sertifikate of enige ander bewyse van deelname aan sportskietaktiwiteite
  • Artikel 16-aansoeke vereis bewys van lidmaatskap en toegewyde status (sien ondersteuningsdokumente vir SA Jagters se lede)
  • Twee volkleur paspoortfoto’s
  • R183 kontant per aansoek
  •  

Ondersteunende dokument vir lede van SA Jagters

  • ʼn Afskrif van jou jongste SAJWV-ledekaart op jou persoonlike profiel hier
  • Endossement wat geskiktheid van die vuurwapen bevestig – druk aansoekvorm uit hier
  •  

Ondersteunende dokument vir lede van SA Jagters met toegewyde status:

  • Sertifikaat van toegewyde jagterstatus op jou lidprofiel hier
  • Versoek vir brief van goeie inbors (letter of good standing) vir toegewyde jagter hier
  • Sertifikaat van toegewyde sportskut is op jou lidprofiel hier
  • Versoek vir brief van goeie inbors (letter of good standing) vir toegewyde sportskut hier
  • ʼn Afskrif van jou jagverslag en/of jou skietaktiwiteite is op jou lidprofiel hier

Indien jy die vuurwapen by ʼn vuurwapenhandelaar koop, sal die handelaar die volgende aanheg:

  • SAPS 350(a) vorm aan die SAPS 271 aansoekvorm met die volgende afdelings voltooi en geteken:
  • Afdeling E 1 tot 1.11
  • Afdeling F, 1.2 TYPE B (vuurwapenhandelaar)
  • Afdeling F, (SAP 350 (A) besonderhede) 36 tot 40
  • Afdeling F, 41 TYPE C (maatskappye) 42 tot 58
  • Afdeling F, 81 (Verklaring deur die persoon wat die wettige eienaar is van die vuurwapen) 82 tot 87.

Wanneer jy ʼn vuurwapen van ʼn private persoon koop, moet die eienaar van die vuurwapen:

  • ʼn Afskrif van sy identiteitsdokument aan die aansoekvorm heg
  • ʼn Afskrif van die bestaande vuurwapenlisensie aan die aansoekvorm heg
  • Artikel F, 1.2 A (private eienaar) voltooi
  • Artikel A (private eienaar) 4 tot 15 op bladsy 3 voltooi
  • Artikel F 81 tot 87 op bladsy 5 voltooi en onderteken

Indien jy ʼn vuurwapen erf of dit uit ʼn boedel aankoop, heg die volgende dokumente by jou aansoek:

  • ʼn Afskrif van die oorledene se vuurwapenlisensie
  • ʼn Afskrif van die oorledene se identiteitsdokument
  • ʼn Afskrif van die oorledene se doodsertifikaat
  • ʼn Afskrif van die brief wat die eksekuteur aanstel om die boedel te bestuur
  • ʼn Brief van die eksekuteur wat die oordrag van die vuurwapen goedkeur en die aansoeker magtig om aansoek te doen vir ʼn lisensie van die betrokke vuurwapen/s.
  • ʼn Afskrif van die eksekuteur se identiteitsdokument
  • Kies afdeling F, 1.2 E (boedel)
  • Die eksekuteur voltooi afdeling 63 Tipe E (boedel) op bladsy 4
  • Die eksekuteur voltooi en teken afdeling F; 79 to 87 op bladsy 5

6. Hernuwing van ʼn Vuurwapenlisensie

Geldigheidsperiode van lisensies

  • Handwapen vir selfverdediging – 5 jaar (Artikel 13)
  • Geleentheidsjag en sportskiet – 10 jaar (Artikel 15)
  • Toegewyde jag en sportskiet – 10 jaar (Artikel 16)
  • Professionele jag – 10 jaar (Artikel 16A)
  • Besigheid as ‘n wildboerdery of jagonderneming – 10 jaar (Artikel 20)
  • Besigheid anders as wildboerdery of jagonderneming – 5 jaar (Artikel 20)
  • Swartkruit/Voorlaaier – 10 jaar (bevoegdheidsertifikaat word benodig)

Hernuwing van ’n vuurwapenlisensie

Voltooi vorm SAPS 518(a) met ’n swart pen

  • Voltooi slegs een SAPS 518(a) vorm selfs al wil jy meer as een vuurwapenlisensie hernu.
  • Voltooi Bylaag A vir elke vuurwapenlisensie wat jy wil hernu en heg dit aan by die SAPS 518(a) aansoekvorm.

Heg die volgende dokumente by jou aansoek om jou vuurwapenlisensie te hernu:

  • Twee gesertifiseerde afskrifte van jou identiteitsdokument
  • Afskrif van die lisensie wat jy wil hernu
  • Afskrif van jou bevoegdheidsertifikaat of -kaart (beide kante)
  • Afskrif van jou opleidingsertifikaat (Dis nie ʼn vereiste nie, maar sommige aangewese vuurwapenoffisiere versoek dit)
  • Bewys van woonadres (nie ouer nie as 3 maande)
  • Drie volkleur foto’s van jou kluis onderskeidelik met die deur toe, met die deur oop, en een wat die kluis se slot vertoon. (Die foto’s van die kluis is nie ʼn vereiste vir die aansoek van ʼn bevoegdheidsertifikaat nie, maar sommige aangewese vuurwapenoffisiere [DFO] vereis dit. Sluit dit maar in.)
  • Twee volkleur paspoortfoto’s
  • R92 kontant per aansoek

Ondersteunende dokumente vir lede van SA Jagters:

  • Afskrif van jou aktiewe lidsertifikaat op jou persoonlike lidprofiel hier
  • Endossement van die geskiktheid van jou vuurwapen vir die doel van die lisensie. Druk die aansoekvorm uit hier

Ondersteunende dokumente vir lede met toegewyde status:

  • Kry sertifikaat van toegewyde jagter status op jou lidprofiel hier
  • Toegewyde jagters kan brief van goeie status versoek hier
  • Kry sertifikaat vir toegewyse sportskut status op jou lidprofiel hier
  • Toegewyde sportskuts kan brief van goeie status versoek hier
  • ʼn Afskrif van jagverslae en sportskietaktiwiteite is beskikbaar op jou lidprofiel hier

Jou aangewese vuurwapenoffisier mag vra vir addisionele dokumentasie, bv. bewyse van waar die wapen gebruik is, jagfoto’s, of uitnodigings van boere.

The lisensie bly geldig indien die hernuwingsaansoek 90 dae voor die vervaldatum ingedien is.

Bewaar jou kwitansies veilig.

Maak ʼn afskrif van jou aansoek en bêre dit in geval die dokumente sou wegraak.

Groen vuurwapenlisensies steeds geldig lees hier

7. Bergingspermit

Voltooi vorm SAPS 539 met ʼn swart pen.

Nota: ʼn Stoorpermit laat net die stoor van die wapen toe, nie die vervoer of gebruik daarvan nie.

Voeg die volgende dokumente by jou aansoek:

  • ʼn Afskrif van die eienaar se identiteitsnommer
  • ʼn Afskrif van die eienaar se vuurwapenlisensie vir die wapen wat gestoor word
  • ʼn Afskrif van die identiteitsdokument van die persoon by wie die vuurwapen gestoor word
  • ʼn Afskrif van die bevoegdheidsertifikaat van die persoon by wie die vuurwapen gestoor word
  • Bewys van adres van die persoon by wie die vuurwapen gestoor word
  • ʼn Afskrif van die vuurwapenlisensies van die persoon by wie die vuurwapen gestoor word

Neem die stoorpermit na jou aangewese vuurwapenoffisier vir goedkeuring.

Die eienaar moet ʼn afskrif van die stoorpermit ontvang.

In gevalle waar ʼn vuurwapen wat deel is van ʼn boedel gestoor word, voltooi die stoorpermit en heg die volgende dokumente aan:

  • ʼn Afskrif van die oorledene se identiteitsdokument
  • ʼn Afskrif van die oorledene se doodsertifikaat
  • ʼn Afskrif van die oorledene se lisensie vir die geweer (of gewere) wat gestoor word
  • ʼn Afskrif van die eksekuteur se aanstellingsbrief
  • ʼn Brief van die eksekuteur wat goedkeuring gee aan die aansoeker om die vuurwapens te stoor en dat die aansoeker gemagtig is om vir vuurwapenlisensie vir die betrokke vuurwapen aansoek te doen
  • ʼn Afskrif van die vuurwapeneienaar se lisensie vir die wapen wat gestoor word
  • ʼn Afskrif van die identiteitsdokument van die persoon by wie die vuurwapen gestoor word
  • ʼn Afskrif van die bevoegdheidsertifikaat van die persoon by wie die vuurwapen gestoor word
  • Bewys van die adres van die persoon by wie die vuurwapen gestoor word

Neem die stoorpermit na die aangewese vuurwapenoffisier vir goedkeuring.

Die eksekuteur moet ook ʼn afskrif kry van die stoorpermit.

8. Tydelike invoer-/uitvoerpermit

Stuur vir ons jou vrae, kommentaar of voorstelle

error: Content is protected !!