ʼn Endossement is ʼn amptelike dokument wat SA Jagters aan lede uitreik ter ondersteuning van ʼn vuurwapenlisensie-aansoek. Dit bevestig dat die betrokke vuurwapen geskik is vir die doel waarvoor die aansoeker dit motiveer, maar dit vervang nie die motivering nie.
SA Jagters reik gratis, binne 24uur, endossemente uit vir lede wat self die aansoek onderteken en ingedien het. Die Vereniging reik nie endossement uit op versoek van of aan ʼn derde party nie. Sodra dit uitgereik is, kry die lid ‘n sms-boodskap dat die endossement op sy/haar profiel op die aanlyn ledeadministrasiestelsel beskikbaar is om af te laai.
Endossemente word vir die volgende kategorië volgens wetlike voorskrifte uitgereik:
- .22 Randslaggewere en Semi-outomatiese Gewere
- Toegewyde Sportskiet
- Geleentheidsportskeit
- Toegewyde Jag
- Professionele Jagter
- Geleentheidsjag
- Handwapenjag
- Selfverdediging