• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

Our Magazines

Our Magazines

Ons Tydskrifte

Ons Tydskrifte

about

YOUR INTERESTS - OUR FOCUS

The magazines for firearm owners, hunters, sport shooters and wildlife custodians

Red ’n Boom – Lees Digitaal!

Vir elke 105 gedrukte tydskrifte, val ʼn boom. Help om ʼn verskil te maak en verminder jou koolstofvoetspoor. Kies die slim en groen opsie: lees digitaal!

Blaai deur vorige uitgawes van SA Jagter/Hunter aanlyn of laai af.

  • Geen papier
  • Geen gewag
  • Net suiwer leesgenot!
Augustus 2024
September/Oktober 2024

Neem deel aan die lesersopname en staan 'n kans om 'n rooibokjag te wen!

Lees meer hier

Save a Tree – Read Digital!

For every 105 printed magazines, a tree falls. Help make a difference and reduce your carbon footprint. Choose the smart and green option: read digital!

Browse through past editions of Man Magnum online or download.

  • No paper
  • No waiting
  • Just pure reading pleasure!
July/August 2024
September/Oktober 2024

Take part in the readers survey and stand a chance to win an impala hunt!

Read more here

Agtergrond

Sedert 1983 het SA Jagters per nuusbrief met sy lede gekommunikeer. Oom Lou van der Merwe het aanvanklik `ʼn vier-bladsy nuusbrief afgerol wat aan lede gepos is. In Mei 1985 het die eerste SA Jagter tydskrif verskyn. Dit was eers in A5-formaat en later in A4-formaat gepubliseer. In 1993 is die eerste kleurfoto’s geplaas onder die leiding van Frikkie Bouwer.

André van Dyk het in 2000 as redakteur oorgeneem en die tydskrif vir die eerste keer ook aan die teikenmark buite SA Jagters se lede bekendgestel toe `ʼn klein oplaag in wapenwinkels versprei is. In September 2000 het die sirkulasiesyfers vir die eerste keer die 20 000-merk verbygesteek.

In 2007 is die maatskappy SA Hunt Publishing (Edms) Bpk gestig as die amptelike uitgewer van die geregistreerde handelsmerk en naam SA Jagter/SA Hunter waarvan 50% van die aandele aan Media 24 verkoop is. Hierdie strategiese vennootskap tussen die SAJWV met sy 58 jaar se ervaring en kennis van die jag- en wildbedryf en Media 24 se kundigheid en reputasie as uitgewer, was ʼn noemenswaardige mylpaal in die publikasiebedryf.

Die tydskrif sou voortaan nie meer net die mondstuk van die SAJWV wees nie, maar ook op ʼn breër teikenmark fokus. Hierdie ooreenkoms was die voorloper van kommersialisering wat in retrospek waarskynlik een van die belangrikste strategiese skuiwe in die Vereniging se geskiedenis was.

Die SAJWV se belange in die tydskrifmark is verder versterk toe SA Hunt Publishing die bekende wapentydskrif Magnum aangekoop het as ʼn tweede titel. Met sy indrukwekkende ledetal kon die Vereniging ook met sekere voertuig- en wapenhandelaars onderhandel om direkte voordele vir lede te beding, terwyl dié tydskrif ook oorwegend deur Engelse lede gelees word.

Die Vereniging het in 2023 Media24 se aandele teruggekoop nadat dié maatskappy se fokus in die publikasiebedryf verander het. Tans is SA Jagters die alleeneienaar van beide SA Jagter/Hunter en Magnum.

Inhoud

Lede kry geleentheid om die inhoud van die tydskrif te bepaal. Die jongste meningsopname het lesers se voorkeure ten opsigte van inhoud as volg weergegee:

  • Jagstories 73%
  • Bewaringsartikels 76%
  • Verantwoordelike jag/bewaring/wildlewe 79%
  • Sportskiet 63%
  • Wildlewetoerisme en jagbestemmings 78%
  • Vuurwapens en ammunisie 94%
  • SA Jagters aktiwiteite 72%
  • Nuwe produkte 88%

 

Ander onderwerpe waarin lede belangstel, sluit in:

  • Herlaai en ballistiek
  • Biltongjag of jagbestemmings
  • Boogskiet en langafstandskiet
  • Veerwildjag en wapengeskiedenis

 

Lede kan kies om beide tydskrifte teen afslag te bestel as deel van hul ledegeld voordeel, óf hulle kan die tydskrifte in kettingwinkels teen die gewone rakprys koop. Lede wat die tydskrifte as deel van hulle ledevoordeel wil ontvang, kan die gedrukte weergawe laat aflewer of dit elektronies ontvang wat ʼn meer betroubare metode is, gegewe die uitdagings met die posaflewering.

Send us your inquiries about subscriptions

Gaan na SA JAGTER Hunter webtuiste
Go to Magnum website
error: Content is protected !!