SA Jagters se vuurwapenhulplyn help lede om aan die wetlike vereistes te voldoen om ‘n vuurwapen te besit. Ons ondersteuningsdienste sluit in interne opleiding, elektroniese stelsels vir lede-administrasie, geoutomatiseerde prosesse vir endossemente en kennisgewings om lisensies te hernu.
SA Jagters se aktiwiteite word outomaties na elke lid se profiel op die lede-administrasiestelsel opgelaai en hou rekord van hulle verpligte aktiwiteite om toegewyde status te handhaaf.
ARTIKEL 16 AANSOEK INGEVOLGE DIE WET OP DIE BEHEER VAN VUURWAPENS
Geldigheidsperiode van lisensies
Toegewyde Status
ʼn Persoon met toegewyde jagter- en/of sportskutstatus mag meer as vier vuurwapens, ʼn selflaai of semi-outomatiese geweer en meer as 200 rondtes ammunisie per lisensie besit.
Die vuurwapeneienaar moet toegewyde jagter en/of sportskutstatus verkry voordat hy kan aansoek doen vir ʼn Artikel-16 vuurwapenlisensie.
Hoewel die wet meer vryheid bied aan ʼn persoon met toegewyde status, plaas dit terselfdertyd ʼn groter verantwoordelikheid op daardie persoon.
ʼn Toegewyde jagter moet gedurende die jaar aan ten minste twee voorgeskrewe jagaktiwiteite deelneem en daaroor verslag doen.
ʼn Toegewyde sportskut moet gedurende die jaar aan ten minstes drie voorgeskrewe skietbaan- of sportskietaktiwiteite deelneem en daaroor verslag doen.
Lede met toegewyde jagter- en/of sportskutstatus moet elke jaar teen 31 Oktober ʼn verslag van hulle aktiwiteite instuur om hul status te behou.
SA Jagters se amptelike tak- of skietbyeenkomste word op die takke se tablette ingevoer en outomaties op ʼn lid se profiel gestoor. Dit is elke lid se verantwoordelikheid om inligting oor sy jagtogte en sportskietaktiwiteite – ook dié by andere geakkrediteerde verenigings – op die lede-administrasiestelsel aan te teken as deel van die verpligte jaarlikse aktiwiteitsverslag.