“Op die ou end sal ons net bewaar waarvoor ons lief is; Ons sal net liefhê wat ons verstaan: en ons sal net verstaan wat ons geleer is”
Baba Dioum, Afrika
Wat is Mentorskap?
Mentorskap is die leiding of rigting wat ʼn mentor bied.
ʼn Mentor bied kennis, hulp of advies aan ʼn minder ervare en dikwels jonger persoon.
Mentors het ervaring en kundigheid waaruit ander kan leer.
SA Jagters: ʼn kultuur van mentorskap – bv. ouers na kinders na kleinkinders
Laai die Mentorskap pamflet af
Wat is ons nalatenskap vir ons nageslag?
Jag, vuurwapeneienaarskap en ʼn liefde vir die natuur
Ons voorgeslagte – aangewese op vuurwapens en jag
Die San en die Inuit – in harmonie met die natuur
Volhoubare benutting – benut oordeelkundig en bewaar vir môre
Kritici wil jag en vuurwapen-eienaarskap stop – “nie meer nodig vir ons voortbestaan nie”
Verstedeliking en toenemende behoefte aan lewensmiddele bedreig ons natuurerfenis en vernietig habitat van diere en plante
Jagters betaal vir bewaring van habitat
Wildplase in Suid-Afrika: 20 milj hektaar – twee keer meer as provinsiale en nasionale parke saam
Wildspesies – sedert 1960 groei getalle van 600 000 na 17 miljoen diere (nasionale parke en reservate uitgesluit)
Jagbedryf se bydrae tot ekonomie (R15 miljard p.j. en binnelandse jagters se bydrae is R12 miljard p.j.)
Erf passie vir skiet, jag en natuur van pa/oom/oupa as mentor
Nie almal het hierdie voorreg gehad nie (verstedeliking, ruimte en tyd)
Sit tradisie voort en tree op as mentor vir ander
Watter verskil kan ek maak?
Lede met ʼn positiewe gesindheid en waardes is ideale mentors
Benut geleenthede vir mentorskap onder vriende en familie
Moedig lidmaatskap aan – Jou Voordele / Ons Fokus
Verduidelik die omvattende voordele van SA Jagters
Nooi mense uit na Takke se aktiwiteite
Jongmense onder 16 jaar: Gebruik die junior handleiding, Mentorskap Safari
Advies met koop van vuurwapen
Oefen skietvaardighede
Vergesel na eerste jag en stel voorbeeld van verantwoordelike jag en gedrag
Gee raad oor verwerking en benutting van wildsvleis
Fokus op persone in die 20 tot 40 jaar ouderdomsgroep wat waardering en respek vir wildlewe aan hulle kinders wil oordra.
Jou mentorskap kan die begin wees van `n nuwe lewensstyl vir landgenote by SA Jagters.
Elke lid kan bydra om SA Jagters se ledetal uit te brei.
Die toekoms van vuurwapeneienaarskap, jag en bewaring in Suid-Afrika maak staat op my en jou
SA Jagters se suksesverhaal
Individue/jagters dra liefde vir jag en ons natuurerfenis oor na nageslag
Ongeveer 44 000 lede by meer 82 takke landwyd bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite uniek aan SA Jagters
Benut die geleentheid om hierdie suksesverhaal van SA Jagters voort te sit
Tree op as mentors en moedig ander lede aan om jou voorbeeld te volg
Werf lede met dieselfde waardestelsel en groei SA Jagters se ledetal
Voorbeelde van mentorskap
50 Jagters stig die Vereniging in 1949
Nico van Rooyen – oud President – nalatenskap vir SA Jagters
Oom Nic van der Merwe – oud President – aktiewe betrokkenheid
Basie Bergh – President –besoeke aan takke
Fred Camphor – HUB – kennis oor vuurwapenwetgewing en advies aan lede met lisensiëring van vuurwapens
Danie Momberg en kollegas – nalatenskap by Springbok-takbestuur