SA Jagters se jaarlikse Kongres en Algemene Jaarvergadering is op 4 November 2023 by die WNNR se Internasionale Konferensiesentrum gehou.
Toekennings is oorhanding en tydens hierdie geleentheid is ook ‘n aantal nuwe Raadslede verkies.
Eerstens, baie dankie aan André van Heerden wat teen die einde van sy termyn uitgetree het as Adjunkpresident. André het oor verloop van sy betrokkenheid by die Raad van SA Jagters ʼn groot impak gehad op die ontwikkeling van sportskiet (as VP Skietsake). As Adjunkpresident was hy nou verbonde by die ontwikkeling van ons nuwe webblad en ook die ontwikkeling en inrigting van die SA Jagters-winkel. Ons gee graag erkenning aan André vir sy besondere bydrae tot SA Jagters.
Die nuwe Raadslede wat verkies en herkies is, is soos volg
Baie geluk aan elkeen van hierdie raadslede met hulle verkiesing. Ons wens hulle baie sterkte toe vir die werk wat voorlê vir die volgende termyn.
Met die verkiesing van Danie Momberg as Adjunkpresident is die pos van VP Jagsake vakant. Die Raad sal eersdaags ʼn besluit neem oor hoe hierdie vakature hanteer sal word.
Die Jagtersgilde is ʼn spesiale toekenning wat SA Jagters maak aan ʼn lid as ʼn uitmuntende jagter met buitengewone status en erkenning van onbesproke karakter. Hierdie lede word beskou as die beste voorbeelde van ware jagters.
Adrian word beskou as Mnr Handwapen en Boogjag in Suid-Afrika. Inaggenome dat Adrian de Villiers die eerste persoon is wat toegelaat is om die Groot 5 met ʼn handwapen in SA te jag, hoef ʼn mens nie veel meer te se nie. Hy het dieselfde prestasie herhaal deur die eerste persoon te word om die groot 5 in natuurlike omstandighede te voet te jag.
Die Pour le Mérite is die hoogste prestasietoekenning wat SA Jagters maak aan lede wat buitengewone werk met prestasie aan die vereniging lewer.
André dra reeds vir meer as 22 jaar by tot die ontwikkeling van SA Jagters op verskeie terreine. Hy het hom op besondere wyse onderskei deur die sportskietsdissiplines te hersien en/of oor te skryf om ʼn eenvormige en gestandaardiseerde formaat daar te stel.
SA Jagters se spesiale toekenning verleen erkenning aan ouer lede wat oor baie jare ʼn besondere bydrae tot SA Jagters gelewer het.
Ten spyte van sy 84 somers, speel Christo steeds ʼn aktiewe rol as baanoffisier by elke skietdag van die Transvaal-tak en ook betrokke is by ander aktiwiteite.
Hierdie toekenning is SA Jagters se hoogste toekenning vir bydraes tot bewaring. Dit word slegs een keer aan ʼn individu – lede en nie-lede – of ʼn organisasie toegeken.
Martiens se toewyding die totstandkoming en registrasie van die Mpungini Bewarea van 75 000 ha waarby ongeveer 80 private eienaars betrokke is. Hy het die bewarea deel gemaak van die staat se Nasionale Strategiese Waterbrongebiede en ook die Kritiese Bewaringsgebiede in KZN.
Japie is a restoration ecologist based in the Eastern Cape where he played a major role in habitat and ecological restoration in various areas such as the Baviaanskloof World Heritage Site. He lives at the forefront of South Africa’s efforts to restore ecosystems.
Hierdie toekenning word gemaak aan nie-lede van SA Jagters wat die vereniging op verskeie wyses ondersteun. Dit is bedoel om erkenning te verleen vir besondere ondersteuning en ook om individue en organisasies te bedank vir hulle bydrae tot die sukses van SA Jagters.
Desiré van Zyl is ʼn polisievrou in murg en been. Sy ontvang hierdie toekenning vir die buitengewone werk as die aangewese vuurwapenoffisier van Riviersonderend. Sy gaan uit haar pad uit om lede van SA Jagters en die publiek by te staan met vuurwapenlisensies. Desiré verwys ook die publiek na SA Jagters vir lidmaatskap en ondersteuning. Haar geduld met navrae oor vuurwapenlisensies is prysenswaardig.
Hierdie toekennig word gemaak aan lede van SA Jagters vir besondere diens gelewer aan die vereniging op verskeie wyses. dit is bedoel om erkenning te gee vir besondere ondersteuning en ook dankie te sê aan daaidie individue wat bydra tot die sukses van SA Jagters.
Vir Edwin werk oor die verloop van 13 jaar om die gebruik van die skietbaan te Grabouw met Dept Waterwese te onderhandel. Die ou militêre skietbaan in nou onder huurooreenkoms beskikbaar aan SA Jagters.
Vir Gert se geduld en toegewyde werk met die junior skuts (onder 9) wat duidelik wys tydens die nasionale kampioenskap.
Vir uitstaande diens gelewer aan SA Jagters oor veskeie jare met grafika en fotografie, die vervaardiging van die lapwapentoekennigngs, maar veral die stig en uitbou van die Fotografieklub en die uitstekende werk met die ontwikkeling van SA Jagters se nuwe webwerf.