Die SAPD vereis ʼn volledige motivering van die aansoeker waarin hy verduidelik waarom hy die vuurwapen wil besit en vir watter doel hy dit gaan aanwend. Die motivering word saam met die aansoek vir ʼn vuurwapenlisensie ingedien.
Die motivering moet aandui of die vuurwapen vir jag of sportskiet gebruik gaan word. As dit vir jagdoeleindes is, moet die motivering onder andere, die volgende inligting insluit:
- plek en ligging waar hy beplan om met die geweer te gaan jag (langer afstand oor oop vlaktes, of oor korter afstande in ʼn tipiese Bosveld-omgewing)
- tipe wild wat gejag word: klein wild of groot wild
- verduidelik die geskiktheid van die vuurwapen en kaliber vir die doel waarvoor dit gebruik gaan word
Indien die vuurwapen vir sportskietdoeleindes gebruik gaan word, dui onder andere, die volgende aan:
- geleentheid sportskiet of ʼn toegewyde sportskiet
- plek en vlak van deelname
- tipe sportskietoefeninge
- geskiktheid van die kaliber vir die tipe sportskietaktiwiteit
- spesiale kenmerke van die vuurwapen wat dit geskik maak vir sportskiet