• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Groen vuurwapenlisensies steeds geldig – vir nou

Groen vuurwapenlisensies steeds geldig – vir nou

Die ou groen vuurwapenlisensies uitgereik onder die vorige vuurwapenwet bly vir die oomblik geldig indien daar nooit aansoek gedoen is vir nuwe lisensies vir daardie vuurwapens nie. Indien die vuurwapeneienaar egter reeds ʼn hernuwingsaansoek (vir die wit lisensiekaartjie) ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens (Wet 60 van 2000) ingedien het, en die nuwe lisensie ontvang het, is die groen lisensie ongeldig. Indien die aansoek vir ʼn nuwe lisensie nie goedgekeur is nie kan die ou groen lisensie ook steeds geldig wees.

Daar is ʼn logiese aanname dat die ou groen lisensies een of ander tyd ongeldig verklaar sal word. Intussen raai SA Jagters sy lede met geldige groen lisensies aan om aansoek te doen vir vuurwapenlisensies (wit lisensies) ingevolge die nuwe wet.  Dit vereis dat aansoekers geldige bevoegdheidsertifikate saam met die aansoek moet indien.

Agtergrondinligting

SA Jagters en die SAPD het in 2020 begin praat oor ʼn sinvolle proses om alle groen lisensies na wit lisensies om te skakel. Dit volg ná ʼn poging van die Staat om die hofbevel van die Gauteng Noord Hooggeregshof in 2009 ten gunste van SA Jagters, te laat herroep. In 2009 het die Hof beslis dat die ou groen lisensies geag word geldig te bly totdat die hoofaansoek van SA Jagters aangehoor en beslis is. Die hoofaansoek is egter nog nooit aangehoor nie omdat die SAPD nooit daarop gereageer het nie.  

SA Jagters en sy regspan het die Staat se poging betwis en daarna ʼn plan by die SAPD ingedien vir ʼn proses om die ou groen lisensies na wit lisensies om te skakel.

Hierdie gesprek met die SAPD het doodgeloop en daar is ongelukkig geen verdere inligting oor die status van hierdie proses nie.

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!