• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Riemland Tak se Fokus op Juniors

Riemland-tak in Bethlehem in die Oos-Vrystaat spits sy skietaktiwiteite toe op die hele gesin. Dié tak bied nie net ʼn maandelikse takskiet aan nie, maar ook gesinsdae wanneer pa, ma en die kinders hulle passie vir die skietkuns kan uitleef.

Toe Riemland-tak aanvanklik gestig is, was die fokus eerstens om mans as lede te werf. Mettertyd, het die bestuur besef dat ons gejaagde, bedrywige lewensstyl min ruimte laat vir kwaliteit gesinstydverdryf. Met slegs naweke oor vir gesintyd, het die tak besluit om geleentheid te skep waar gesinne saam aan skietaktiwiteite kan deelneem.

In 2015 het Riemland begin om sy eie klubhuis op te rig met die familie in gedagte en daarom is die fasiliteite by ons skietbaan onder die gesinsvriendelikste bane in die land. Ouers kan met vrymoedigheid selfs hulle klein kindertjies saambring sonder om ʼn groot pakkaas saam te ry.

Aanvanklik het Riemland se junioraktiwiteite effe traag ontwikkel omdat dit dikwels met skoolsportdae op Saterdae gebots het.

In Oktober 2019 het Riemland se nuutverkose bestuur ook nuwe leierskap vir juniors ingesluit. Ons het ons benadering tot juniorbetrokkenheid verander en ouers en hulle kinders persoonlik uitgenooi. Reeds met die eerste skietdag onder nuwe bestuur het meer as 20 kinders deelgeneem.

Ons het ook ʼn motiveringsprogram in werking gestel waar elke jong skut ʼn klein beloning by die snoepie kan afhaal nadat hy/sy aan die dag se skietoefeninge deelgeneem het. Dit motiveer veral die jonger kinders om skietdae by te woon, al is dit net uit nuuskierigheid oor wat hul volgende gaan skiet en wat in die pasella pakkie is.

Riemland-tak se Snoepie waar juniors hulle belonings kan afhaal

Op 18 Januarie 2020 het Riemland-tak sy eerste sportskiet streekbyeenkoms aangebied wat ook ʼn junior streekskietitem ingesluit het waaraan 31 juniors deelgeneem het. Elkeen het ʼn klein trofee ontvang wat vir hulle besondere aangename ondervinding was waaroor hulle steeds praat.

Riemland-tak se junior skietbaan is so pas klaar geskraap en die res van die werk kan nou begin. Ons beoog om die kleintjies te nooi na ʼn nie-amptelike skietdag sodat hulle self kan hand bysit met die baan se ontwikkeling. Hulle sal by die skietbaan kan oorslaap en die volgende dag hulle vernuf op die skietbaan kan toets. Die jongklomp is baie opgewonde oor hulle baan.

Die tak is baie opgewonde oor die groeiende belangstelling onder juniors, en het reeds ʼn paar talentvolle juniors geïdentifiseer wat die amptelike skietoefeninge sal kan baasraak om met sukses aan kompetisies deel te neem. Die tak wil eerder opleiding op weeksdae aanbied en wil nie ʼn naweek se takskiet daarvoor opoffer nie omdat dit gesinsdeelname by skietdae kan benadeel.

Veiligheidsmaatreëls maak ʼn belangrike deel uit van junior opleiding. Die juniors het reeds basiese veiligheid met beide lang gewere en handwapens geleer.

Wanneer dit lyk of die junior oefening te maklik is vir van die ouer kinders van 12 – 13 jaar en ouer, kan hulle onder begeleiding van ʼn baanoffisier saam met die gewone lede op die hoofbane deelneem. Die tak wil niemand terughou nie en daarom gee hulle aan uitblinkers gou die kans om tot op die volgende vlak  vlak te vorder.

Riemland-tak is bevoorreg om ʼn baie ervare junior skut in sy midde te hê wat sonder huiwering sy eie skietdag opoffer offer om aandag te gee aan die heel jongetjies van 3 – 5 jaar. Dit is ook vir hulle makliker om by ʼn ander jong persoon te leer. Daar is altyd baanoffisiere teenwoordig, en hy word dus nooit alleen gelaat met die jong skuts nie.

Die tak beskik oor ʼn passievolle span wat graag by die juniors betrokke is.

Paar van Riemland-tak se jong skuts.

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!