• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Majuba-tak Bewaringsprojek Sonkyker/Cordylus Giganteus

Inhoudsopgawe

Majuba-tak aktiewe bewaarders van die Sonkyker

Die Majuba-tak in die Volksrust-omgewing in suidelike Mpumalanga het tot stand gekom nadat ʼn groep jagters, herlaaiers en sportskuts ʼn klub gestig het om op ʼn georganiseerde wyse te kon deelneem. Die klub het mettertyd ontwikkel tot SA Jagters se Majuba-tak.

Tydens die omgewingsimpakstudie vir die oprigting van die Majuba-kragstasie is ʼn behoefte geïdentifiseer om die sonkykers – ook bekend as ouvolk – na ʼn veilige habitat te verskuif. ʼn Paar van ons lede was betrokke by die Majuba-projek en het ook die natuurreservaat gestig. Sedertdien is die Majuba-tak en sy lede aktief betrokke by die bestuur en daaglikse aktiwiteite van die reservaat. Ons is ook bevoorreg dat die spesies goed versprei is in ons gebied en dat heelwat gevestigde sonkykerbevolkings op private plase voorkom.

Die Majuba Natuurreservaat

Die Majuba Natuurreservaat is op 30 Julie 1986 geproklameer. Benewens die akkedisse wat natuurlik daar voorkom, is ander sonkykers suksesvol na die reservaat hervestig, Natuurreservaat is:

  • Bewaring
  • Onderrig
  • Ontspanning
  • Navorsing

Identifikasie

Sonkykers (Cordylus giganteus) is ʼn baie besondere akkedis omdat hulle onder die grond woon. Hulle habitat is beperk is tot die grasvelde van Suid-Afrika in dele van die Hoëveld, die Oos-Vrystaat, suid-oostelike dele van Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Tot redelik onlangs was daar geglo dat sonkykers slegs in die noordoos Vrystaat voorkom met onbevestigde waarnemings in Vereeniging, Gauteng.

Algemene name:
Engels: Sungazer, Giant Girdled Lizard, Lord Derby’s Lizard
Afrikaans: Ouvolk, Reuse gordelakkedis, Sonkyker, Skurwejantjie
Zulu: Mbedhla

Sonkykers, die grootste van die gordelakkedisspesie (cordylis), word tot 40 cm lank en is gepantser met stekelrige skubbe. Dit is veral die skubbe op die nek, sye en stert wat so kenmerkend is van die sonkyker. Die dorsale deel van die kop, lyf en stert by volwassenes is gewoonlik vuil donkerbruin. Die skubbe op die nek en rug is geelbruin tot donkerbruin terwyl die pens liggeel is, soms deurspek met grys. Die neonate (jong reptiele) is kleurvoller met donkerbruin en geel-oranje dwarsstrepe op die bene, rug, sye en stert. Die voorkant is liggeel, en die stertkant is gewoonlik oranjerooi.

Voedsel

Sonkykers eet hoofsaaklik insekte soos sprinkane, besies en termiete. Hulle is egter opportunistiese predatore wat ʼn verskeidendeheid insekte en soms selfs plante eet, maar dit kan bloot toevallig wees.

Verspreiding

Sonkykers is endemies aan Suid-Afrika waar hulle op die grasvelde van die noordoos Vrystaat, Mpumalanga, en die westelike dele van KwaZulu-Natal voorkom in die omgewing van dolerietkoppies. Hulle kom nêrens anders in die wêreld voor nie. Hulle is bedags aktief en snags bly hulle in tonnels onder die grond. Wanneer die grond sag is, grawe hulle gate van ongeveer 2.5 meter lank en 45cm diep wat skuins na onder loop. Daarom sal ʼn mens hulle nooit in vleilandgebiede aantref waar hulle gate met water kan vul nie. Sonkykers kruip kop eerste in hulle gate in en wanneer hulle eers binne is, kan hulle nie omdraai nie. Hulle moet weer stert eerste by die gat uitbeweeg en gebruik die sterk stekels om enige moontlike roofdier af te skrik. Terselfdertyd kan hulle hul koppe kantel sodat die skerp punte van die skubbe aan die kop teen die dak van die gat vasdruk om hul posisie te anker. Dit maak dit onmoontlik om hulle van buite by die gat uit te trek.

Sonkykers kruip vroegoggend na sonsopkoms uit die gat en bak in die son met die voorlyf gelig op die uitkyk vir prooi en predatore. Hulle is skugter diertjies maar raak gou gewoond aan menslike aktiwiteite en voertuie wat dit vir mense maklik maak om hulle te besigtig. Hulle kan tot 10 jaar oud word. Die wyfie is lewendbarend en gee geboorte aan 1-3 kleintjies elke tweede jaar. Swartkopreiers en geelmuishonde jag die jong akkedissies wat veroorsaak dat min oorleef.

Die spesie se voortbestaan is kwesbaar omdat hulle habitat bedreig word deur habitatverandering waaronder landbou en nywerhede wat die sonkykerkolonies verminder of vernietig. Hulle oorlewing oor die langtermyn is kommerwekkend.

Landbou en nywerhede

Sonkykers se habitat is landbougrond wat juis voorkeurgebiede is vir die verbouing van graangewasse soos sonneblom en mielies. Bees- en skaapboerdery is egter versoenbaar met die akkedisse se habitat en het geen negatiewe gevolge nie. Die verbouing van Eragrostis curvula, ‘n monokultuur wat in die winter as veevoer gebruik word, vernietig egter groot dele van sonkykers se habitat en bedreig hulle voortbestaan. Daar is geen rekords dat sonkykers in versteurde habitat hervestig nie.

Baie boere maak brandpaaie van 10 tot 20 meter breed om die natuurlike veld gedurende die winter teen veldbrande te beskerm. Hierdie proses dolwe die grond om en begrawe die brandbare plantegroei. Terselfdertyd vernietig dit enige diere wat onder die oppervlak woon, veral spesies soos sonkykers. Hulle word dus lewendig begrawe.

Steenkoolmyne kom ook op hierdie grasvelde voor waar steenkool veral vir gebruik in kragstasies gemyn word. Die ontwikkeling van infrastruktuur soos paaie, behuising, pyplyne en die impak van mense op die omgewing vernietig sonkykers se habitat.

Bewaring

Tot dusver was pogings om sonkykers in gevangenisskap te teel, onsuksesvol. Hopelik sal meer inligting oor hulle voortplanting onder natuurlike omstandighede tot beter sukses met teelprogramme in aanhouding lei, mits daar ʼn geskikte natuurlike habitat is.

Die oorlewing van die spesie hang hoofsaaklik af van die bewaring van hul natuurlike habitat. Voorheen is daar te veel klem gelê op die redding van die diertjie wat dikwels gelei het tot onnodige uitgrawing en hervestiging van sonkykers sonder voldoende ekologiese kennis van die diere se behoeftes.

Gegewe bogenoemde, is dit duidelik dat onkunde en wanopvattings oor die gordelakkedis, Cordylus giganteus, en die verlies aan habitat hul grootste bedreiging is. Die enigste manier om hulle te bewaar is om hulle habitat te bewaar.

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!