Die tema van die 2024 Skietdag vir Vroue was KLEURFEES. Die dag het afgeskop met ʼn heerlike cappuccino en ʼn gesigverf-aktiwiteit. Elke deelnemer het met die inskrywings ʼn stel houtoorkrabbetjies van ʼn luiperd en ʼn pakkie poeierverf ontvang.
Die nasionale kantoor was ook uitgenooi om Vrouedag saam met hulle op die Derby-skietbaan te vier. Die klubhuis en skietbaan was opgetooi met vrolike versierings. Die verrigtinge het begin met gekleurde rookbomme en ‘n verf-geveg. Die oggendlug was effens koel, maar die warm kaleidoskoop van verf en rookbomme het dit spoedig in ʼn opgewonde atmosfeer omskep nog voordat die skote geklap het.
Vroue, oud en jonk, ervare en onervare skuts het deelgeneem aan ‘n uitdagende pretskiet in die handwapen, .22 en langgeweerskietoefeninge.
Onervare skuts het onder leiding van die instrukteurs vertroud geraak met die verskillende wapens. Die skote het behoorlik geklap! Die dag is afgesluit met prysuitdeling aan die wenners in die verskillende kategorieë.
Die wenners was soos volg:
Die wenners het geskenkpakke ontvang met verskeie selfsorg-produkte. Elke vrou het ʼn prys ontvang vir onder andere die grootste hoed tot die helderste tekkies. Die bes-geklede man en vrou vir die dag is ook met ʼn geskenkpak huis toe.
Die skietdag is afgesluit met heerlike sop en sjerrie waarna almal huiswaarts gekeer het – baie vuil, moeg en warm!
Baie dankie aan almal wat die dag moontlik gemaak het. ‘n Spesiale dank aan René Van Niekerk wat vir die derde jaar hierdie Vrouedag Pretskiet gelei het en SA Jagters blootstelling gegee het aan wyer gemeenskap buite die vereniging.