KOMPETISIE VIR SA JAGTERS – CENTURION-TAK - JUNIORS
Nuwe Naam en Slagspreuk vir Centurion-tak se Byeprojek
Is jy ’n kreatiewe junior met ’n passie vir die natuur? SA Jagters se Centurion-tak het ’n opwindende uitdaging net vir jou!
Die Centurion-tak se byeprojek kort ’n splinternuwe naam en slagspreuk, en ons nooi jou uit om voorstelle in te stuur. ’n Wonderlike prys is op die spel vir die beste inskrywing wat die waardes en gees van ons byeprojek die beste voorstel.
Wat om te doen:
- Skep ’n naam vir die projek
- Skep ‘n unieke slagspreuk wat die waardes en doelstellings van die byeprojek verteenwoordig.
- Wees kreatief en oorspronklik!
- Dien jou voorstelle in teen 15 Junie 2025.
Reëls en riglyne:
- Oop vir alle juniors.
- Beide handgeskrewe en digitale voorstelle sal oorweeg word.
- Inskrywings kan in Engels of Afrikaans wees.
- Alle voorstelle moet jou oorspronklike werk wees.
Hoe om in te skryf:
Stuur jou voorstel, naam, ouderdom en kontakbesonderhede teen 15 Junie 2025 na voorsitter.jagters@gmail.com
Prys:
Die wenner ontvang ’n prys/pryse ter waarde van R1000 en hul projeknaam en slagspreuk sal vir die Centurion-tak se byeprojek gebruik word!
Die wenner sal op 19 Junie 2025 by ons Centurion-tak se lede-aand aangekondig word.
Ons sien uit na julle kreatiewe voorstelle.