27 Januarie 2024
Die tak-skietdag met onder andere semi-outomatiese skietoefeninge, en ʼn verskeidenheid teikens op verskillende afstande was goed bygewoon. Selfs ʼn paar kleiduiwe is geskiet. Die aantal skuts wat vir skietdae inskryf, neem geleidelik toe. Beide mans en vroue neem deel en die ouderdomme wissel van 10 jaar tot 77 jaar. Die skietoefening was redelik uitdagend, maar die skuts het dit geniet en wou graag meer skiet.
Die handwapen skietoefeninge is veral gewild en sommige skuts skryf tot drie keer in om dieselfde oefeninge te skiet. Dit is hoofsaaklik vroue baanoffisiere wat hier diens doen en hulle stel veral die vroueskuts op hulle gemak en gee raad.
Die .22 – skietoefeninge is nou onderdak en het die gewildste skietbaan geword waar ons keer op keer meer skuts kry wat wil deelneem, veral junior skuts wie se vaardigheid goed ontwikkel en eersdaags die seniors sal uitstof.
Die nuwe grasperk op die skietbaan groei ook mooi.