• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Skietbane – belangrike voordeel vir lede!

Die ou verwysing na die “boer en sy roer” het raakvlakke met die hedendaagse jagter en sy geweer. Die wyse waarop ons voorouers hul bestaan gemaak het, het veroorsaak dat hulle gewere ’n “bykomstigheid of gereedskapstuk” was wat nooit ver van hul hand was nie. As gevolg van hul vaardigheid met hul gewere, het die Boere gedurende die twee Vryheidsoorloë ’n reputasie opgebou as uitstekende skuts, wat internasionaal erken is, veral deur die Engelse soldate wat die twee oorloë oorleef het! Vandag se jagter leef in totaal ’n ander wêreld en moet deurlopend hard werk aan sy skietvaardighede, om goed genoeg te kan skiet wanneer hy die jagveld betreë. Om genoeg skietoefening te kry moet die jagter gereeld op ’n skietbaan kom. Ons huidige omstandighede verskil so drasties van ons voorouers dat ons behalwe vir skote in die jagveld, feitlik sonder uitsondering op ’n skietbaan moet oefen.

Die afgelope paar jaar het skietbane ’n “bedreigde spesie” geword. Baie skietbane is gesluit as gevolg van bv. informele behuising wat nadergekruip het en die gebruik daarvan ongewens en onveilig gemaak het. Militêre skietbane wat oor die jare gebruik is deur die kommando’s en takke van die SAJWV is een na die ander gesluit soos die kommando’s landwyd ontbind. Skietbane wat ook nie aan die basiese veiligheidstandaarde voldoen nie, moet opgegradeer word of gesluit word. Takbesture word deurlopend deur Inyathipark (SAJWV nasionale kantoor) bygestaan in hul soektog na alternatiewe skietbane of terreine vir nuwe skietbane, om te verseker dat daar altyd ’n skietbaan tot die lede se beskikking is. ’n Skietbaan is wat praktiese aktiwiteite betref die hart van ’n tak en ’n tak sonder ’n skietbaan het geen toekoms nie.

Sederdien het veral die plattelandse takke uitstekend gevaar met die verkryging van alternatiewe skietbane. Waar kommando skietbane in onbruik raak, onderhandel takbesture met groot sukses met die grondeienaars, hetsy plaaslike owerhede of privaat grondeienaars en word ooreenkomste gesluit. Die voordeel van die reëlings is dat die bestaande militêre tipe skietbane gebou is volgens sekere standaard spesifikasies. Hierdie skietbane word dan dikwels met die minimum koste opgradeer tot uitstekende fasiliteite wat met slegs die nodige basiese onderhoud (bv. sny van gras en instandhouding van skietrame) goed voorsien in die tak se behoeftes. Die meeste van die bane het dan ook skietpunte elke 100m tot op 900m, wat verder is, as wat in die meeste gevalle nodig is vir jagters.

Takbesture is in die beste moontlike posisie om verskillende opsies in hul omgewing te identifiseer en hulle het nie hulle lede teleurgestel nie. Elkeen van die 81 takke het ‘n skietbaan, sommige selfs meer as een waar takskietdae aangebied word. Van tyd tot tyd ontwikkel enkele probleme met skietbane en die gebruik daarvan, maar dit word almal mettertyd met kreatiewe oplossings oorbrug. Gelukwense aan elke tak wat ‘n skietbaan suksesvol bedryf en dikwels besig is met opgradering daarvan. Dit is hierdie kreatiwiteit wat die SA Jagters takke so effektief maak in hul dienslewering aan lede, te spyte van die uitdagings wat vuurwapeneienaars en jagters beleef.

‘n Konsep huurooreenkoms is opgestel en is by Inyathipark tot beskikking van die takke om standardisering te verseker wanneer takke ooreenkomste met grondeienaars van skietbane aangaan. Hierdie ooreenkomste word onderteken tussen die takvoorsitter, as die persoon wat die Vereniging verteenwoordig en die grondeienaar. Hierdie ooreenkoms verseker dat die belange van beide die grondeienaar en die SAJWV en sy tak beskerm word.

Die volgende is voorbeelde van takke wat suksesvol ooreenkomste onderhandel het om kommando tipe skietbane te gebruik: Kosmos tak te Standerton, Mpungini tak te Dundee, Soetdoring tak te Potgietersrus, Genl de la Rey te Lichtenburg, Hartsrivier tak te Delareyville, Schweizer tak te Schweizer-Reneke, Makwepa tak te Setlagole en talle ander.

Voorbeeld van takke wat reeds langtermyn huurooreenkomste gesluit het met privaat grondieienaars en skietbane van meet af gebou het is soos volg: die Bothaville tak, Vrystaat Sandveld tak te Soutpan, Grysbok tak te Jeffreysbaai, Platorand tak te Belfast, Ngwenya tak te Nelspruit, Bloukrans tak te Vanderkloof, Houtkapper tak te Secunda, Diamant tak te Wolmaranstad, Sterland tak te Vryburg, Duiker tak te Balfour, Kamdeboo tak te Graaff Reinet, Koukamma te Kareedouw en talle ander. Harde werk en entoesiasme deur elkeen betrokke, veral die takbesture het dit moontlik gemaak. .

Ander voorbeelde van takke wat saamwerk met ander skietdissiplines (bv. Metaal silhouette skiet, praktiese pistool en Boogskiet) en saam dieselfde bestaande skietbaan benut is die Marico Bosveld tak te Rustenburg, die Tafelberg tak te Belville (Kaapstad), die Sandrivier-58 tak te Welkom en die Bloemfontein tak.

‘n Beduidende getal van die skietbane in gebruik deur die takke is in proses van sertifisering deur die NRCS (voorheen SABS) of het dit reeds afgehandel. Die mikpunt is om binne die volgende jaar of twee alle skietbane in gebruik deur die takke van SA Jagters se sertifisering af te handel. Hierdie sertifisering van skietbane verseker dat die takke van SA Jagters se skietbane voldoen aan vereistes soos voorgeskryf deur die National Regulator for Compulsory Specifications (NRCS) vir die veilige bedryf daarvan.

Akkreditasie van ‘n skietbaan deur die SA Polisie word volgens wet net vereis indien daar Vaardigheidsopleiding (SASSETA gebaseerde opleiding) op die skietbaan aangebied word. Die vereiste geld nie vir die Vereniging se skietaktiwiteite op takskietbane waarop bv. takskietdae, streek skietkompetisies en nasionale skietkompetisies plaasvind nie.

Ek vertrou dat u vrylik gebruik maak van u gunsteling skietbaan by u tak! Hierdie is slegs een van die voordele wat u as lid van SA Jagters het en met skietbane wat landwyd onder druk is, moet hierdie voordeel nie onderskat word nie. Lekker en veilig skiet!

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!