• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Inligting oor jag is belangrik en tot voordeel van die jagter

Hetsy jy jag vir jou eie plesier of vir die pot, benut jy ‘n hulpbron. Indien dit kundig bestuur word, is dit ‘n hernubare hulpbron wat die aanwas van wildlewe tot voordeel van die nageslag ondersteun. Hoewel individuele grondeienaars antiloopbevolkings binne omheinde gebiede kan bestuur, word veerwild nie beperk tot plase of politieke grense nie en daarom moet voëllewe as ‘n gemeenskaplike hulpbron hanteer word. Dit behoort aan niemand nie, maar is almal se verantwoordelikheid.

Diegene wat die grond bestuur moet verseker dat daar voldoende habitat is om gesonde veerwildbevolkings te onderhou, terwyl die jagters moet verseker dat hulle nie meer voëls afhaal as wat vervang kan word nie. Verantwoordelike jagters mag beweer dat hulle net jag volgens behoefte. Hierdie benadering was waarskynlik voldoende om getalle te bestuur toe daar minder jagters in die gebied was. Soos die aanvraag na hierdie hulpbron toegeneem het, het die landelike gebiede wat dit voorsien, gekrimp of gefragmenteer wat nou strenger bestuur vereis. Die Gauteng Provinsie het aan die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling ‘n mandaat gegee om die benutting van inheemse biodiversiteit te reguleer en te verseker dat jag binne volhoubare perke plaasvind.

Die verspreiding, digtheid en produktiwiteit van veerwildspesies wissel regoor Suid-Afrika. Dit is elke provinsie se verantwoordelikheid om te bepaal watter spesies (gewone wild) binne ‘n gegewe tyd (oop jagseisoen) gejag mag word; wat die maksimum aantal voëls per persoon (Daaglikse jagkwota) is; en die gebied (landdrosdistrik) waar hierdie spesies gejag mag word.

In Gauteng kan die volgende veerwildspesies volhoubaar geoes word: watervoëls (kolgans, rooibekeend, geelbekeend en wildemakou), landvoëls (gewone tarentaal en Bosveldfisant) en duiwe (kransduif). Sovêr dit prakties moontlik is, moet spesies in dieselfde groep nie gedurende hul broeiseisoen gejag word nie.

Daaglikse jagkwotas word per spesies bepaal en jaarliks na gelang van beskikbare bevolkingsdata hersien. Twee gemeenskapsgebaseerde navorsingsprojekte verskaf inligting oor bevolkingsgetalle onder land- en watervoëls in die provinsie, nl. die Coordinated Waterbird Count Project (CWAC) en die Coordinated Avifaunal Roadcount (CAR). Die opnames vind in die somer en winter plaas en dek duisende hektaar habitatte van watervoëls en meer as 1300 km plaaspaaie.

Hoewel dit algemeen aanvaar word dat gelisensieerde jag slegs een van vele faktore is wat veerwildbevolkings raak (ander faktore is veranderinge in klimaat en habitat, vergiftiging en onwettige oes), kan jagters bydra om die afhaal van veerwild maklik en akkuraat te monitor. Jagopbrengste is nie ‘n burokratiese oefeninge wat ‘n mens kan ignoreer of laataand oor ‘n bier uit jou duim kan suig nie. Die data wat verskaf word, help hulpbronbestuurders om tendense te identifiseer en ingeligte besluite te neem wat uiteindelik tot voordeel van jagters strek. Hou rekord van wat jy jag (die plek en datum) want dit help om veerwildbevolkings in die provinsie te bestuur en volhoubare jag te verseker.

Direktoraat Natuurbewaring
Gauteng Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!