• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Inyathi Park Nuus Oktober 2022

1 November 2022

Geagte kollega

  1. Buffeljagkompetisie

Ons het op 1 November 2022, die trekking gedoen in die buffeljagkompetisie wat SA Jagter en Rhino Bullets die afgelope tyd bemark het. Lawrence Meintjies is die gelukkige wenner. Vir diegene wat nie kan glo hoe vinnig nuus op sosiale media versprei nie, die trekking is kort na  10:00 op 1 November in die teenwoordigheid van ʼn verteenwoordiger van die Nasionale Loteryraad, mnr. Patrick Magoro, gedoen. Gert van Schalkwyk, SA Jagters se ouditeur van Van Sitterts Ouditeure, het die inligting geverifieer. Ek het Lawrence Meintjies om 10:31 gebel om hom mee te deel dat hy die gelukkige wenner van die jagpakket is. Daar is reeds vreemde stories en venynige kommentaar in omloop op sommige sosiale media oor die wenner. Dit staan enigeen vry om die proses na te gaan. ʼn Video-opname van die trekking is op SA Jagter se Facebook-blad beskikbaar.

  1. SA Jagterswinkel

SA Jagters se winkel wat jare lank reeds by Inyathipark sake doen, is onlangs verbeter en die produktereeks sal aansienlik uitgebrei word. Die nuwe winkel sal na verwagting op 14 November 2022 open. Klante kan ʼn paar spesiale aanbiedings te wagte wees wat dalk handige kersgeskenke kan uitmaak. Alle lede wie se ledegeld tot op datum betaal is, ontvang 10% korting op enige aankope by ons eie winkel.

  1. Beurtkrag en telefone

Alhoewel die beurtkrag wel verminder is, is daar steeds enkele probleme met SA Jagters se telefoonstelsel. Sommige van die probleme is opgelos, maar ons het steeds nou en dan onderbrekings. ʼn Sterker UPS word volgende week geïnstalleer wat hopelik groot verligting sal bring. Indien u nie op die gewone kantoornommer (012 808 9300) kan deurkom nie, probeer gerus een van die volgende selfoonnommers:

  • Ontvangs: 082 848 8547
  • Vuurwapenhulplyn: 066 256 2916
  • Opleiding: 082 658 6680,
  • Finansies: 082 727 5158  
  • Jagterswinkel: 066 231 8185

Indeling van die nuusbrief

Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.

Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.

Nuwe boodskappe

  1. Skietsake

4.1. Haelgeweerskiet

Na afloop van die Browning SA Jagters Haelgeweerkampioenskap is drie spanne gekies wat op 15 en 16 Oktober 2022 by Hippo Creek skietsentrum op uitnodiging deelgeneem het aan die SA Fitasc Compak Sporting Grand Prix. Hierdie spanne het hulle baie goed van hul taak gekwyt. Drie van SA Jagters se skuts het onder die top 20 in die kompetisie geëindig. Baie geluk aan die spanne met hulle goeie prestasie.

4.2. Ander nasionale sportskietbyeenkomste

In Oktober 2022 het ons ook al die ander nasionale skietkampioenskappe gehad, synde:

  • Nasionale Limited Bolt Action Kompetisie (15 Oktober 2022)
  • Nasionale MDS-kompetisie (19 – 22 Oktober 2022)
  • Nasionale Sportskietkompetisie & IGRF (27-29 Oktober 2022)

Die wenners in elkeen van die verskillende klasse en kategorieë in hierdie kompetisies is elke week bekendgemaak en op SA Jagters se Facebook-blad gelukgewens. Die lys is net te lank om hier te publiseer. Baie geluk aan elkeen van die presteerders in hierdie kompetisies.

Baie dankie ook aan elkeen van die borge wat besondere moeite gedoen het en bydraes gelewer het om die skietkompetisies aangenaam te laat verloop. Hierdie laaste kompetisies is aangebied deur Sandrivier 58-tak op die Excalibur-skietbaan. Baie dankie aan elkeen van die lede van hierdie en ook ander takke wat gehelp het om die kompetisies suksesvol aan te bied.

4.3. Zeiss/Lammergeier Ghongskietkompetisie

Lammergeier-tak bied sedert 2008 jaarliks ʼn ghongskietkompetisie aan. Dit word in die veld geskiet en bestaan uit 30 skote oor onbekende afstande om jag te simuleer. Hierdie kompetisie is so gewild dat daar jaarliks sowat 200 skuts deelneem. Die moeite wat die takbestuur doen om die kompetisie glad te laat verloop en die borgskappe maak die geleentheid uniek omdat dit veral deelname deur kinders en vroue aanmoedig. Op Saterdag, 22 Oktober 2022 het 196 skuts in 49 spanne aan hierdie kompetisie deelgeneem.

Zeiss het vanjaar die kompetisie geborg en twee verkykers sowel as twee teleskope geskenk wat in ʼn gelukkige trekking as pryse aangebied is. Twee vroue het die twee Zeiss-teleskope en twee mans het die twee Zeiss-verkykers ontvang. Die gesamentlike waarde was ongeveer R50 000.  Ons bedank die maatskappy Carl Zeiss vir hierdie besonderse borgskap.

  1. SAJWV Kongres 2022

SA Jagters se Kongres vind op 5 November 2022 as ʼn virtuele byeenkom vanaf SA Jagters se nasionale kantoor plaas. Teen hierdie tyd behoort afgevaardigdes reeds al die nodige dokumente te hê. Enige afgevaardigdes wat dit nie ontvang nie, kan navraag doen by die spesifieke takvoorsitter.

Afgevaardigdes word ook herinner om vooraf SA Jagters se slimfoon App af te laai. Maak ook seker dat die toepassing bygewerk is en dat u dit kan gebruik. Die stemming vir enige saak waaroor op die Kongres besluit moet word, sal via die selfoon plaasvind volgens die  selfoonnommer wat die afgevaardigde by registrasie verskaf het.

Spesiale aanbiedings

  • Humansdorp Koöperasie

In November 2022 bied Humansdorp Koöperasie steeds 10% korting aan lede van SA Jagters op die aankoop van alle Walther-lope.

Herhalende boodskappe

  1. Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

SA Jagters se ledetal staan nou op 42 724.

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar. (MM lankal aangestuur)

Die Raad van SA Jagters het ingestem dat Takke wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort is, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor is reeds voorheen per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan ʼn verskeidenheid handelaars verskaf. Aansoekvorms is beskikbaar by Dorothy Els by dorothy@sahunt.co.za

  1. Fotografieklub

Die fotografieklub van SA Jagters lok steeds wye belangstelling. Gaan lees gerus meer hier oor die klub, geleenthede vir opleiding om beter foto’s te neem en maandelikse kompetisies en pryse. Hierdie verslag verskaf ook inligting oor die beste foto’s van die jaar en die Fotograaf van die Jaar.

Die wenner van die 2022 fotografiekompetisie word binnekort aangekondig. Hou die fotografie webwerf en nuusbrief dop hiervoor asseblief.

  1. Doctari-messe

Die Doctari ivoormes-projek eindig binnekort. Daar is slegs 8 van hierdie messe oor. Plaas u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 8 messe wil bekom.

Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

  1. Gedenkboek

Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat teen R300 per boek. Die leergebinde weergawes is uitverkoop.

Bestellings: Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by Absa en die rekeningnommer is 01443990077.

Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

  1. Buck-knipmesse

Daar is slegs 25 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by Absa, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za

  1. Kommersiële sake

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Dovetail Wooden Boxes
  • 4Deadhold Skietstok
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • Thermal Imaging Warehouse
  • Pangolin Vuurwapenkluise
  • Reloading Technologies
  • Shanin Weir Trofeefoto’s
  • Omchem Produkte
  • Tyremart Hatfield
  • Blue Gecko Toere

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!