• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Jagsake Nuus – Invoer van Vleis

Beste SA Jagters-lede


Die vars oggendbries is kenmerkend van die jagseisoen. Aan diegene wie se biltong reeds hang, wel gedaan. Vir die res wat nog nie vanjaar gejag het nie en verlangend na die buurman se biltongrak kyk, vasbyt!


Jag gaan gepaard met groot verantwoordelikhede en ‘n deeglike kennis van die wetlike vereistes. Hierdie wetgewing kan ingewikkeld wees. SA Jagters het die belangrikste aspekte van jagwetgewing opgesom om dit vir lede makliker te maak. Die volledige dokumente is hier beskikbaar.


Lede wat die geleentheid kry om oorkant ons grense te gaan jag en beplan om die vleis huis toe te bring vanaf Namibië, Botswana, Swaziland en Lesotho, sal baat vind by Vanessa Bell se nuusbrief oor die nodige permitte. Voltooi die aansoekvorm vir die vleisinvoerpermit  en lees ook die riglyne vir tuisgebruik.


Dit het onder ons aandag gekom dat sommige jagters ‘n paar verrassings by grensposte ervaar het. Moet liefs geen vleis, vet of suiwelprodukte oor die grens neem nie. Sommige grensposte konfiskeer dit weens bek-en-klouseer wat onlangs in Suid Afrika uitgebreek het. Daar was ook ‘n geval waar ‘n jagter voorgekeer is omdat die staatsveearts sy vleisinvoerpermit met ‘n blou pen, in plaas van ‘n swart pen, voltooi het. Die Departement van Landbou het bevestig dat blou ink op die permit aanvaarbaar is, maar om enige probleme te voorkom, raai ons aan dat die vorm met ‘n swart pen voltooi word. Onthou om voldoende afskrifte van al die vereiste dokumente saam te neem omdat die grensposte hierdie dokumente hou en geen fasiliteite het om afskrifte te maak nie.


Indien jy jou vuurwapen oor die grens wil neem, doen minstens 21 dae voor jou vertrek aansoek vir ‘n tydelike uitvoerpermit by jou plaaslike polisiestasie. Ons raai aan dat dit selfs vroeër gedoen word om enige ongerief of vertragings te vermy wat dalk jou planne in die wiele kan ry. Vir jou gerief, verskaf ons die aansoekvorm.


Geniet die jag
Groetnis
Boetie Kirchner

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!