• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Uitreiking van Varkpermitte deur SA Jagters

SA Jagters het na `n lang onderhandelinge met die Departement Landbou, Bosbou en Visserye se Direktoraat Dieregesondheid daarin geslaag om erkenning te kry as `n bedryfsorganisasie wat sy lede kan magtig om permitte uit te reik vir die vervoer van verwerkte wildevark-karkasse en -vleis. Hierdie vergunning is toegestaan ingevolge Regulasie 20 van die Wet op Dieresiektes No 35 van 1984.

Agtergrondinligting oor Afrika-varkpes
Die beheer oor vervoer van vleis van wildevarke (veral vlakvarke) is reeds in 1935 ingestel in `n poging om die verspreiding van Afrika-varkpes te beperk. Afrika -varkpes is `n hoogs aansteeklike en dodelike virussiekte wat veroorsaak word deur `n virus wat tussen tampan bosluise en vlakvarke sirkuleer. Vlakvarke is draers van die virus maar word nie siek nie. Dit is egter hoogs aansteeklik en dodelik indien dit varkboerderye sou versprei. Dit is onseker of bosvarke en gewone wildevarke (mak varke wat wild geraak het, ook bekend as feral pigs) en selfs Europese bosvarke wat uit aanhouding ontsnap het, ook draers van die virus mag wees.

Die beperking op die vervoer van vleis van wildevarke is in 1935 ingestel. Dit was van toepassing op bykans die hele Limpopo Provinsie en groot aangrensende dele van Mpumalanga, Noordwes en die Noordelike deel van Kwazulu-Natal. Hierdie gebied was destyds die natuurlike verspreidingsgebied van vlakvarke.

Die huidige beperking op die vervoer van wildevarkvleis bepaal dat die verwerkte karkasse en/of vleis van vlakvarke en bosvarke slegs met `n veterinêre permit van enige eiendom of plaas in RSA verwyder en vervoer mag word nadat die vel, pote, kop, binnegoed en alle limfknope uit die karkas en/of uit die vleis verwyder is.

Dit is algemeen bekend dat die verspreidingsgebied van vlakvarke intussen geweldig uitgebrei het. Vlakvarke is nou volop in die Oos-Kaap, Noordwes, Vrystaat en Karoo. Dit verhoog die risiko in die voorkoms en verspreiding van Afrika-Varkpes. Derhalwe is dit noodsaaklik om goeie beheermaatreëls toe te pas by die vervoer van wildevark vleis.

Tot onlangs was dit slegs staatsveeartse en geregistreerde lede van Wildlife Ranching SA wat permitte vir die vervoer om wildevarkvleis kon uitreik volgens `n ooreenkoms met die Direktoraat Dieregesondheid.

Vereistes Gestel deur Direktoraat Dieregesondheid
Die ooreenkoms tussen SA Jagters en die Direktoraat Dieregesondheid magtig die Vereniging om as erkende bedryfsorganisasie ook hierdie permitte aan ons lede beskikbaar te stel wat aan die volgende vereistes voldoen:

  1. `n Opbetaalde lid wees van SA Jagters
  2. Eienaar of bestuurder van `n plaas of plase waarop u varke wil laat jag
  3. U moet die plaas of plase registreer as eiendomme waar varke gejag sal word en waarvoor permitte uitgereik sal word om die vleis te vervoer onderhewig aan die vereistes van die Direktoraat Dieregesondheid.
  4. Om die permitte elektronies te kan uitreik moet u toegang hê tot die internet en SA Jagters se lede-administrasiestelsel en `n drukker om die permit uit te druk
  5. U moet die volgende vereistes gestel deur Die Direktoraat Dieregesondheid skriftelik aanvaar.

Elektroniese Uitreik van Permitte en Registrasie van Plase
SA Jagters het besluit om die uitreiking van hierdie permitte te vereenvoudig en dit slegs elektronies te doen sodat dit nie die lid of jagters iets kos nie. Eerstens spaar dit geld vir die lid wat sy plaas wil registreer en die permitte wil uitreik, en tweedens vereenvoudig dit die verslagdoening aan die Direktoraat Dieregesondheid oor die uitgereikte permitte.

`n Stap-vir-stap handleiding wat die registrasieproses beskryf asook hoe om permitte aan vervoerders van die vleis uit te reik is in die tabel hieronder beskikbaar.

Enige lid wat hulp in die verband nodig het kan Boetie Kirchner by (012) 808 9300 of BoetieK@sahunt.co.za kontak.

2019-07-12-South-Africa-African Swine Fever-update

African swine fever update 2021-05-21

Project opsomming UP

Varkpermit Stap vir Stap Inligtingstuk (finaal)

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!