• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Die voordele van vryhandskietposisies vir jagters

Deur: André van der Merwe (Bestuurder Tak- en Skietsake)

SA Jagters se jaggebaseerde skietoefeninge en -kompetisies fokus op ʼn verskeidenheid skietposisies sodat skuts vertroud kan raak met die toepassing en veelsydigheid daarvan.

Inhoudsopgawe

Basiese skiettegnieke

Basiese skiettegnieke bestaan onder andere uit ʼn stabiele en gemaklike skietposisie, gebruik van die dominante oog, natuurlike (outomatiese) rigting tot die teiken, vashou van die geweer en greep, korrekte aanlêprentjie, asemhaling, snellerdruk en deurvolg van die skoot. Elkeen van hierdie tegnieke is ʼn boublok in die proses tot ʼn suksesvolle skoot. Sou een of meer van hierdie tegnieke (boublokke) afwesig wees of verkeerd uitgevoer word, sal die skoot nie die mikpunt tref nie.

ʼn Ervare en suksesvolle skut wat skoot na skoot ʼn gebalanseerde en stabiele skietposisie handhaaf, bewys sy vaardigheid en vernuf. Diegene wat probleme ondervind om goed geplaaste skote te skiet, sal met nabetragting dikwels die probleem as ʼn swak skietposisie kan identifiseer.

Die basis van skietvaardigheid

Met SA Jagters se streekskietkompetisies in 2015 en 2016, was sommige skuts ontevrede met die toevoeging van die drie skote uit die vryhandsitposisie vir die vlakteskietoefening en die drie snapskote in die vryhandstaanposisie vir die bosveldskietoefening. Die skuts was van mening dat dié vryhandskote nie ʼn praktiese toepassing in die jagveld het nie weens die risiko om ʼn swak skoot op ʼn dier te skiet en dat dit nie op die skietbaan nageboots moet word met skietkompetisies nie. Dié mense is heeltemal reg sover dit die jagter se verantwoordelikheid vir ʼn een-skoot-doodskoot betref. Die skut moet die beste moontlike skietposisie inneem met verkieslik ʼn rus (bv. ʼn skietstok) om ʼn suksesvolle eerste skoot op die dier te verseker.

Dit is belangrik om kennis te neem van die volgende standpunte:

Eerstens, dat die vryhandskietposisies – lê, sit, kniel en staan sonder enige addisionele ondersteuning soos bv. ʼn skietstok – die basis is van skietvaardighede. Die skietbaan is die plek om dit by herhaling te oefen en te vervolmaak. Indien hierdie vryhandskietposisies nooit geoefen word nie, is daar ʼn leemte in ʼn skut se skietvaardighede wat hy/sy waarskynlik nooit besef nie en wat hom/haar beperk om sy volle potensiaal te bereik.

Tweedens, dat die waarde van die vryhandskietposisies vir die aanleer van korrekte skietvaardighede juis die inherente onstabiliteit daarvan is! Dit klink na ’n teenstelling, maar dink mooi na daaroor! Die onstabiliteit van die vryhandskietposisies leer en verplig die skut om met elke skoot te fokus en konsentreer op die korrekte gebruik van ʼn stabiele en gemaklike skietposisie, gebruik van die dominante oog, natuurlike (outomatiese) rigting tot die teiken, vashou van die geweer en greep, korrekte aanlêprentjie, asemhaling, snellerdruk en deurvolg van die skoot om ʼn suksesvolle skoot te verseker.

Natuurlike (outomatiese) rigting

Wat is natuurlike rigting en hoe bepaal die skut dit? Wanneer die skut sy/haar skietposisie inneem word die rigting van die geweer t.o.v. die teiken bevestig deur die teleskoop of visiere, daarna maak hy sy oë toe en ontspan. Wanneer hy sy oë oopmaak en deur die teleskoop of visiere kyk, sal dit die natuurlike (outomatiese) rigting aantoon. Indien die natuurlike rigting nie op die mikpunt is nie moet die skut sy/haar voete en of liggaam verskuif totdat die natuurlike rigting en riglyn van die geweer en die teiken ooreenkom. Hierdie proses moet herhaal word tot die natuurlike rigting absoluut korrek is. Hou altyd in gedagte dat die geweer ’n verlengstuk van die liggaam. Daarom moet die posisie van die liggaam van so ’n aard wees dat die vuurwapen instinktief na die teiken rig. Dit is korrekte natuurlike rigting. Vir hierdie rede word daar ook na outomatiese rigting verwys. Met oefening neem die skut later die rigting outomaties in.

Indien ’n skut se natuurlike rigting nie korrek is nie en hy/sy skiet ’n skoot, gebeur die volgende: Die skut wat die outomatiese rigting inneem waar die riglyn van die geweer links van die mikpunt wys sonder om sy voete of lyf te skuif, dwing die geweer na regs teen sy natuurlike rigting om op die mikpunt te kom. Al die spiere betrokke is nou onder onnatuurlike spanning en wanneer hy die skoot skiet, ontspan dié spiere in sy lyf na links, wat die skoot links van die mikpunt sal laat tref.

Uit die vryhandskietposisies is ’n swak outomatiese rigting ʼn resep vir ’n skoot wat nie die mikpunt tref nie. In die vryhandsitposisie soos by die 100 m vlakteskietoefening, sal ’n fout met outomatiese rigting ʼn swak skoot oplewer. Skiet dieselfde skoot met die ondersteuning van ’n skietstok en dieselfde fout sal nie noodwendig so opvallend wees nie. Die skoot sal moontlik steeds goed geplaas wees as gevolg van die stabieliteit wat die skietstok verskaf.

Snellerdruk en- beheer

Dieselfde beginsel geld vir snellerdruk en -beheer en deurvolg van die skoot uit ’n vryhandskietposisie. ’n Skoot vanuit ’n vryhandposisie met ʼn foutiewe tegniek deur die sneller “nou!” te druk terwyl dit op die teiken is, veroorsaak dikwels ongewenste beweging in die snellervinger, -hand of gewrig wat die geweer beweeg en veroorsaak dat die koeël nie die bedoelde mikpunt tref nie. Skuts verwys dikwels na die skoot wat “getrek” of “gepluk” was. Die korrekte tegniek is om die teiken met die teleskoop of visiere in lyn te bring en die geleidelike en vloeiende toepassing van snellerdruk vir ’n skoot wat die skut verras. Die resultaat van ’n foutiewe tegniek met snellerdruk gaan weereens baie meer merkbaar wees uit ’n vryhandposisie as ’n posisie met goeie ondersteuning bv. ’n volle bankrusposisie.

Identifisering van basiese foute met skiettegniek

Vryhandskietposisies wys baie duidelik wanneer daar ’n probleem met een van die basiese skiettegnieke is. Met die voortdurende gebruik van uitsluitlik skietposisies met ’n rus, begaan skuts dikwels foute met basiese skiettegnieke wat ontaard in slegte gewoontes wat skietvernuf nadelig beïnvloed. Vryhandskietposisies is dus ʼn baie belangrike komponent van skietvaardighede om te verseker dat die skut deurlopend fokus op die basiese skiettegnieke.

SA Jagters bied verskeie amptelike jaggebaseerde en sportskietoefeninge op tak-, streek- en nasionale vlak aan waar skuts vanuit die vryhand skietposisies hulle vaardigheid en akkuraatheid kan verbeter. Dit sluit in die President- en Intertak-spanskietkompetisies, 25 m en 50 m Presisie, Junior skietoefeninge, Limited Bolt Action en verskeie handwapenskietoefeninge.

Instinktiewe vermoё vir ‘n akkurate skoot

In jagtoestande is daar gewoonlik nie tyd om aan basiese skiettegnieke en -posisies te dink nie omdat jagters instinktief skiet. Die oomblik wanneer die jagter aanlê om die bok te skiet, moet hy aandag skenk aan die volgende faktore:

  • uit watter posisie gaan jy die skoot skiet;
  • as daar meer as een dier is, watter een gaan jy skiet?
  • skootplasing vir ʼn doodskoot;
  • is daar ʼn ander bok agter die een waarna jy mik;
  • die afstand en/of wind wat die trajek van die koeël kan beïnvloed

 

Die jagter moet binne enkele sekondes die omstandighede lees, verwerk en besluit wat die beste skiettegnieke en -posisies sal wees vir ʼn suksesvolle skoot. Dit is in hierdie situasies waar die ervare skut en jagter hom/haarself onderskei met die instinktiewe vermoë om te besluit of die skoot moontlik is of nie, en indien wel, ʼn suksesvolle skoot te skiet.

Gevolgtrekking

ʼn skut wat gereeld die vryhandskietposisies op die skietbaan oefen, verbeter deurlopend sy/haar instinktiewe skietvaardighede. Dit is soos om ʼn motor te bestuur: ’n ervare bestuurder hoef nie te dink watter stappe hy moet volg om ’n motor te bestuur nie. Dit is tweede natuur om ratte te wissel en in die truspieëltjie te kyk, m.a.w. instinktief. Die instinktiewe en korrekte toepassing van al die basiese skiettegnieke bepaal jou vermoë as skut.

Skietvaardigheids-ontwikkeling vir Jagters

Die Handleiding vir Skietvaardigheidsontwikkeling vir Jagters is ryklik geillustreer met kleur fotos, met totale inhoud van 58 bladsye en beskikbaar in CD formaat.

Beskikbaar by die SA Jagters-winkel vir R100, stuur ‘n epos na shop@sahunt.co.za

Oor die skrywer

André van der Merwe is ‘n benuttingsjagter wie se passie vir jag oor meer as 60 jaar strek. Die afgelope drie dekades het hy aktief deelgeneem aan jaggeweer- en veldskietkompetisies. André het in 2006 by SA Jagters begin werk as bestuurder Tak- en Skietsake en bied ondersteuning aan die takbesture van die vereniging se 83 takke. As sekretaris van die skietkomitee koördineer hy SA Jagters se skietaktiwiteite op tak-, streek- en nasionale vlak en bevorder deurlopend die groei en sukses van die skietsport. Sy passie vir mentorskap van die volgende geslag vuurwapeneienaars, skuts, jagters en bewaarders van ons natuur- en kultuurerfenis is verweef in sy nalatenskap. Lees André se biografie hier.

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!