Die 5de verjaarsdag van die 300 m Challenge het op 4 Oktober 2025 op die Sishen Skietbaaan by Kathu plaas gevind. Wat ‘n challenge uit die skuts se kommentaar, moeilike teikens, baie warm weersomstandighede en die verskeie uitdagende skietruste, dis waaroor die 300m Challenge gaan om die skut se skietvaardighede te beproef,
Die 300m Challenge is die enigste skietkompetisie in sy soort in Suid Afrika en word deur die SAJWV Gamagara Tak in die Noord Kaap aangebied. Alle jaggebaseerde SAJWV papierteikens asook ghonge word op 300m geskiet. Vier kultuur aspekte vir die dag was bereik.
Die ATKV Kathu Tak en die SAJWV Gamagara Tak het ten doel om die 300 m Challenge skiet kompetisie as platvorm te gebruik om die kultuur van skiet onder huisgesinne, familie lede en vriende te vestig en te bevorder op SAJWV jaggebaseerde teikens en ghonge onder die huidige weersomstandighede van die dag oor verskeie skietruste met wapen veilingheid as prioriteit asook die om die kultuur van samesyn onder lede te vestig met ‘n Brandfyn proe met “finesse” onder mans en dames asook vermaak deur sangers Jan Rhraap en George Vintage met ‘n lekker braai op die kole.
Windbuks skiet as kultuur was aangebied vir die jongspan om opkomende skuts vir die sport voor te berei asook ‘n bulletjie en versie braaiworsie en broodjie braai kompetisie was aangebied vir die jongspan. ‘n Springkasteel was ook daar om die kleiner kindertjies se energie te tap. Groot kontant pryse asook gelukstrekkinge was te wen in alle kategoriee.
Die ATKV asook SAJWV Gamagara Tak beywer hul vir Natuur bewaring in die omgewing en die volgende projekte was ondersteun, naamlik die vervaardiging van Nonnetjies uilneskaste volgens spesifikasies van SAJWV (Projek Groot Oog) asook die oorhandiging van AGRI Solar Game Cams om die Ietermagogs te monitor en beskerm teen wildstropers.
Die skietdag het soos volg verloop met fotos.


Skiet kompetisie en skietruste
80 skuts het deel geneem insluitend die jongspan met die windgeweer kompetisie. Vier Papierteikenbane (jakkals, vlakvark, swartwildebees en blesbok asook vier ghongbane (tarentaal, jakkals, vlakvark en gewone ghonge. Wat die 300 m Challenge uitdagend maak is die skietruste waaroor geskiet was.

X Bags




Rekstok



Windgeweer skiet
Die kompetisie was straf om te bepaal wie die wenner uit die stryd sou tree. Uithou klop rondte was aan die orde van die dag en die skonerige geslag het koningin gekraai.



Marieka Pretoruis wat ook haar geweer gelaai soos pappa haar geleer het en sekuur met presiesie klaar gespeel het met die teiken eendjies teen die teiken skiet stopwal op 10 m.
Bulletjie en versie wors en braai broodjie kompetisie



Prys wenners:


Wenner van windgeweer kompetisie, Marieke Pretoruis saam met oom Abie Wiid (Voorsitter ATKV Kathu Tak). Prys was ‘n duursame Gamo presiesie windgeweer gewees.

Wenner van bulletjie braai kompetisie, Wian Pretoruis saam met oom Abie Wiid (Voorsitter ATKV Kathu Tak).

Wenner van versie braai kompetisie, Lisa Bekker saam met oom Abie Wiid (Voorsitter ATKV Kathu Tak).

Wenner van die 5 dae mid-week vakansie by die ATKV Buffelspoort was Jacques Esterhuizen saam met Marco Van Den Berg wat die prys oorhandig het.


Daar was kontant pryse, trofees, geluktrekkingpryse asook “goody bags” vir al die skuts gewees. Elke skuts het ook 4 staal “tot” glasies ontvang met SAJWV en SAJWV Gamagara Tak se embleem daarop gelaser asook houtpen wat gegraveer was.

Die dinamiese egpaar, Raymond en Selma Barnard het die skietkompetisie gewen en is getroon as die beste mans en dame van die 300 m Challenge , vlnr Raymond Barnard, Lappies Lamprecht en Selma Barnard.

Gesins foto: Hul seun Pieter Barnard het die merkwaardige gesinstrilogie voltooi met sy aanwysing as die skut wat die meeste V-kolle geskiet het. Wat ‘n merkwaardige prestasie as huisgesin.

Luan Fourie het sy staal gewys en die titel Beste Junior Skut van die kompetisie in gepalm. Saam met hom Lappies Lamprecht.
Natuur bewaring
Die ATKV asook SAJWV Gamagara Tak beywer hul vir Natuur bewaring en die volgende projekte was ondersteun, naamlik die vervaardiging van Nonnetjies uilneskaste volgens spesifikasies van SAJWV asook die oorhandiging van AGRI Solar Game Cams om die Ietermagogs te monitor en te beskerm teen wildstropers.

Marco Van Den Berg (Area Verteenwoordiger van die Noordelike ATKV takke, NW en Noord Kaap en Namibiese takke) oorhandig die nonnetjies uilneskaste aan Lappies Lamprecht (Voorsitter SAJWV GamagaraTak) met Abie Wiid (Voorsitter ATKV Kathu Tak).

Marco Van Den Berg oorhandig Solar Game Trail Cam aan Lappies Lamprecht as deel van natuur bewarings projek met ietermagog projek as tema.
Vermaak

Springkasteel was beskikbaar vir die kleiner jongspan om hul energie te tap


George Vintage en Jan Rhaap het vir die vermaak en kultuur van samesyn na die dag se 300m Challenge gesorg en daar was lekker gedans.
Brandfyn kultuur


Die pragtige dames van Brandfyn het almal getrakteer op op Brandfyndrankies en proe met die klem op ‘’finesse en femine’’ vlnr Timone Mynhardt, Juanita Smit en Elizna Leibbrandt.
Borge
Dankie vir die borge wat die besonderse dag ‘n groot sukses gemaak het.
ATKV, ATKV Kathu Tak, LG Oogkundiges, Kathu Profile, Brandfyn, PnP, AVON / Avroy Shlain, Dust a Side, Deon’s neskaste, ATKV Buffelspoort, Luhlaza, Spec Cast, IMT, Bosvygie, E&L Vleisverspreiders, Dorsland Drankwinkel, Kathu Gazette, Upington Toyota, Height Safety, AMD, Alert Plumbing, Talisman, Sanitech, PME, Pierre Ludik, Johan Roets, Boomsticks, Michael Visser, Kathu Apteek en Crag Trading.
Baie dankie aan die span “Crew 300 Challenge” wat gehelp het met al die voorbereidings om die dag ‘n groot sukses te maak.
Sien julle volgende jaar, SAJWV Gamagara Tak en die ATKV gaan nog groter, kyk uit na die advertensies en die sosiale media groepe.