Nasionale Noordelike Limited Bolt Action Kampioenskap 2025 uitslae:
SA Jagters het vanjaar vir die eerste keer die Limited Bolt Action (LBA) kampioenskap verdeel in noordelike en suidelike kompetisies. Hiermee die resultate van die 2025 suidelike en noordelike LBA-kampioenskap 2025.
Die 2025 noordelike nasionale LBA kampioenskappe is op 18 Oktober 2025 op die Riemland skietbaan aangebied. Die Riemland tak met hul uitstekende gasvryheid het dit baie aangenaam gemaak vir die skuts. Die wind was tot en met ongeveer 12h00 ‘n uitdaging met slegs die laaste een van vier aflossings waar dit effe bedaar het. Baie dankie aan die Riemland span vir ‘n uitstekende geleentheid!
Prysuitdeling vir die Nasionale Noordelike Limited Bolt Action Kampioenskap 2025
Fotos: Basie Bergh (SAJWV) President verskyn saam met die skuts op die fotos.