Die Intertak Spanskietkampioenskap is op 15 Augustus 2025 by die CMH Sport Shooters Retreat skietbaan gehou. Suikerbosrand-tak was die gasheer.
Nasionale Wildehonde kwalifiseerders
Drie skietspanne het onlangs die nasionale Wildehonde-toekenning ontvang vir uitmuntende prestasie. Baie geluk aan die Hartsrivier Tarentale, Duiker Ramme en Springbok A span!
Om hierdie toekenning te verwerf, moet die span aan die volgende vereistes voldoen:
- ‘n totaal van minstens 2 590 punte (90%) uit die totaal van 2 880 vir die twee skietoefeninge tesame; en
- minstens 1 225 punte (85%) uit 1 440 vir elke skietoefening afsonderlik
Top 10 Spanne
| Plek | Span | Totaal | Bosveld | Vlakte |
| 1 | Hartsrivier Tarentale | 2590.48 | 1340.29 | 1250.19 |
| 2 | Duiker Ramme | 2590.43 | 1300.24 | 1290.19 |
| 3 | Springbok Team A | 2590.41 | 1290.2 | 1300.21 |
| 4 | Baviaanspoort Buffels | 2550.5 | 1330.26 | 1220.24 |
| 5 | Olifants Mammoet Olifante | 2520.46 | 1280.22 | 1240.24 |
| 6 | Cheetah Team A | 2500.48 | 1210.26 | 1290.22 |
| 7 | Riemland Wildman | 2480.4 | 1330.26 | 1150.14 |
| 8 | Edelvalk Swartwildebeeste | 2450.42 | 1240.21 | 1210.21 |
| 9 | Centurion Waterbok | 2450.41 | 1230.19 | 1220.22 |
| 10 | Heidelberg Swaelkransers | 2410.42 | 1290.28 | 1120.14 |