Resultate vir die 2025 Nasionale Sportskiet Kampioenskap
20m Handwapen Standaard Aggregaat
20m Handwapen Ope Aggregaat
SA Jagters het vir die tweede agtereenvolgende jaar die nasionale sportskietkampioenskap in ’n noordelike en suidelike afdeling verdeel. Die uitslae van die 2025 Noordelike en Suidelike Sportskietkampioenskappe verskyn hieronder.
Die 2025 Noordelike Sportskietkampioenskap is op 24 en 25 Oktober 2025 by die Excalibur-skietbaan aangebied. Die Sandrivier-58-tak het met hul besondere gasvryheid gesorg vir ’n aangename ervaring vir deelnemers en gaste oor die twee dae. Baie dankie aan Sandrivier-58 vir ’n uitstekend georganiseerde geleentheid, asook aan Crown National se kostrok/kombuis vir die heerlike eetgoed wat oor die naweek verskaf is.
Prysuitdeling vir die 2025 Nasionale Noordelike Sportskiet Kampioenskap
Prysuitdeling vir die 2025 Nasionale Suidelike Sportskiet Kampioenskap
Tafelberg-tak het die tweede SA Jagters Suidelike Sportskietkampioenskap op 12 en 13 September 2025 by Belville Pistoolklub met groot sukses aangebied. Hoewel die wind soms sterk gewaai het, het dit nie die skuts se tellings noemenswaardig beïnvloed nie.
Hierdie byeenkoms het beslis ʼn hoe standaard vir skietsport in die Verenging gestel. ’n Rekord aantal teikens is geskiet en indrukwekkende hoë tellings is behaal. Baie dankie aan elke skut wat die geleentheid bygewoon het. Baie geluk aan die plekwenners en die Tafelberg-tak vir ʼn byeenkoms van hoogstaande gehalte en professionaliteit. Ons het groot waardering vir die borge, Safari Outdoor, Jonnson Workwear en SpecialArmory.com vir hulle ondersteuning wat tot die sukses van die kampioenskap bygedra het.