SA Jagters se Nasionale MDS-kampioenskap is op 3 en 4 Oktober 2025 by die Sure Focus-skietbaan naby Meyerton gehou. Baie dankie aan die Suikerbosrand- en Frontier-takke vir hulle gasvryheid en harde werk om hierdie suksesvolle byeenkoms aan te bied. Geluk aan die skuts met julle prestasies. Die uitslae is soos volg:
Prysuitdeling vir die MDS Kampioenskappe 2025
Basie Bergh (SAJWV) President verskyn saam met die skuts op die foto’s.
MDS wenners Onder 16 v.l.n.r Eerste plek Stefan Jacobs, Tweede plek Christiaan Viloen en Derde plek Elnandre Richter