Die Waterberg-tak op Ellisras bied elke jaar die Kode Pienk skietdag vir vroue aan wanneer die mans van die Waterberg-tak – onder leiding van Herman de Lange (takvoorsitter) – vroue uit die gemeenskap op die Knapskoot-skietbaan van dr Willie Barnard bederf. Lesings oor wapenhantering en praktiese skietopleiding word aangebied op ʼn vlak wat beginners tot gevorderde skuts akkommodeer. ʼn Plaaslike prokureur spreek die vroue toe en vrae oor selfverdediging word beantwoord.




