• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Tuinroete-tak – ‘n UITDAAG Spanskietkompetisie met ‘n verskil!

Deur: Gerhan Archer (Takvoorsitter) en André van der Merwe (Bestuurder: Tak- en Skietsake)

Lede spreek dikwels met goeie reg die mening uit dat die Presidentskietkompetisie (kliek hier vir die reëls) op die Bosveld- en Vlakteskietoefening te moeilik is en dat die toerusting (geweer/teleskoop) wat nodig is om te kan deelneem, te duur is.

SA Jagters het in 2011 die UITDAAG Spanskietkompetisie geskep om skuts met tipiese jaggewere die geleentheid te gee om in spanverband aan ‘n skietkompetisie deel te neem met die spesifieke doel dat dit pret moet wees, maar moet fokus op skietafrigting onder spanlede. Die gedagte is dat ten minste een van die spanlede ‘n ervare skut is wat die ander lede kan afrig.

Die Rooibok-met-rus- en die Vlakvark-skietoefening is gekies vir die kompetisie omdat net 3 skote van die totaal van 18 skote op 200m op die Rooibok skietoefening geskiet word, terwyl die ander 15 skote wissel van afstande tussen 25 en 100m. Enige jaggeweer/teleskoop/ammunisie kombinasie wat ‘n aanvaarbare drieskootgroepering kan skiet, kan suksesvol gebruik word. Hierdie pretskietkompetisie leer skuts om vaardig en akkuraat vanuit verskillende jagskietposisies te skiet– kliek hier vir die reëls van die Intertak UITDAAG Spanskietkompetisie.

Alhoewel die kompetisie ook op streekvlak plaasvind, lê die grootste waarde daarvan waarskynlik op takvlak. Daar is in elke tak ‘n groep skuts wat besonder goed skiet wat dikwels die maatstaf is waaraan ander minder ervare skuts hulself meet. Dit maak lede dikwels huiwerig om sy aan sy op die skietbaan saam met die ervare skuts deel te neem. Tydens die UITDAAG Spanskietkompetisie, skiet deelnemers in spanverband op een teiken per afstand. Die telling word aan die span toegeken en die individu se skietvaardigheid word nie blootgestel nie. ‘n Goeie voorbeeld van hoe só ‘n kompetisie kan werk, is om te kyk hoe Tuinroete-tak dit doen.    

Tuinroete-tak het Saterdag 10 April 2021 die UITDAAG Spanskietkompetisie aangebied. Dit was ‘n uitdaagskietkompetisie met ‘n paar ander reëls. Die voorsitter het die bestuur uitgedaag om elkeen ‘n span in te skryf op voorwaarde dat die span ‘n bestuurslid, ‘n gewone lid (19-59), ‘n senior lid (bo 60), dame en ‘n junior lid moet insluit. Die idee was om ‘n pret-skietdag aan te bied en die bestuur van Tuinroete het in dié opsig daarin geslaag. Tien spanne van 5 skuts elk het ingeskryf. Lede kon hulleself in spanne inskryf of individue kon hulle beskikbaar stel om by ‘n span ingedeel te word. Die dag het begin met die gebruiklike inskiet, toepassing van Covid-regulasies en die opening waar die reëls en program vir die dag verduidelik is.

Kort daarna het die eerste skote op 200m geklap. Aanvanklik was die skuts effens gespanne totdat hulle besef het dat die spanlede op een teiken skiet en dat niemand veroordeel word vir minder goedgeplaaste skote nie. Gou-gou was die atmosfeer meer gemoedelik en het die skietdag ‘n heerlik kuierdag geword. Junior- en vroueskuts het afrigting ontvang, waar nodig. Terwyl die skuts op die vuurlyn hulle beste probeer het, het die res van die span hulle vanaf ‘n veilige afstand dopgehou.  Nadat almal ‘n skietbeurt gehad het, het die hele span met groot afwagting op die teikens toegesak om hulle tellings te bepaal en die teiken na die hoof baanoffisier geneem om dit te kontroleer.

Die skietbeurte het vlot verloop en binne twee uur was dit skietoefening afgehandel en kom lede om die braaivleisvure kuier, en smul aan die geurige braaivleis. Daarna het die groot oomblik aangebreek om die Tuinroete UITDAAG spanskietkampioen vir 2021 aan te kondig. Die res van die lede is nie met leë hande huis toe nie. Pryse is geborg en ‘n deel van die inskrywingsfooi is gebruik om genoeg pryse te koop vir die gelukkige prystrekking. Dit was een groot feestelikheid!

Tuinroete-tak moedig ander takke om ʼn soortgelyke UITDAAG Spanskietkompetisie aan te bied. “Ek het baie oproepe en boodskappe van lede ontvang wat die dag baie geniet het, en gevra het dat ons  weer sulke skietdae moet aanbied,” sê Gerhan.

“Dit was ‘n baie geslaagde dag waar ons die hele gesin kon betrek en waar elke lid ‘n waardevolle bydrae gelewer het.”

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!