Lammergeier-tak bied hierdie besondere ghongskiet reeds vir die afgelope 15 jaar aan die lede in hulle groter omgewing. Pierre Bosch (voorsitter van die Lammergeier-tak) en sy span reël hierdie skietgeleentheid sodat dit vir mans, vroue en kinders in spanverband deelneem en mekaar bystaan met advies oor skietposisies, afstande en bv. windrigting en -sterkte. Dieselfde kompetisie onder dieselfde reëls maak dit uitdagend vir selfs ervare skuts van hierdie tipe skietkompetisies, maar die minder ervare skuts kry genoeg tyd gee vir hulle skietoefeninge en behaal dikwels besondere hoё tellings.




Die prysuitdeling vind aan die einde van die dag plaas met tafels vol pryse waar elke span kans kry om pryse te gaan kies. Die grootste pryse gaan nie outomaties na die wenspanne toe nie. Gedurende 2022 het die Zeiss-borgskap ook twee verkykers en twee teleskope ingesluit (totale waarde ongeveer R60 000) wat die oggend van die skietkompetisie deur middel van ʼn gelukkige trekking aan vier persone oorhandig is. Twee vroue het die teleskope gewen en twee mans het die verkykers gewen.
Die gees en geesdrif onder die deelnemers en toeskouers is iets om te aanskou! Skuts geniet hierdie pretskietkompetisies terdeë.