• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Tuinroete tak – eerste elektroniese ledevergadering vir 2020!

Met die beperkings wat COVID-19 gedurende 2020 op SA Jagters se aktiwiteite op tak-, streek- en nasionale vlak geplaas het, kyk ons na ander maniere om kontak met lede te bewerkstellig. Tuinroete-tak was baie kreatief in die verband en het vanaf Aprilmaand elke maand ‘n baie suksesvolle aanlyn bestuursvergadering gehou. Hulle het besluit om dieselfde resep te gebruik vir hulle ledevergadering in Augustus om die heropening van hulle skietbaan met die lede te bespreek en te verduidelik hoe dit gaan plaasvind (gebaseer op die toestemming wat SA Jagters van die Minister van Sport, Kuns en Kultuur ontvang het).  

Op Donderdagaand, 6 Augustus 2020 om 19:00 het Tuinroete-tak ‘n Zoom aanlyn ledevergadering gehou waar elkeen dit vanuit sy eie huis voor ‘n rekenaarskerm bygewoon het. Gerhan Archer (voorsitter) is baie opgewonde oor die reaksie van sy lede, 70 lede het die vergadering bygewoon. Lede se terugvoer was positief en almal was ten gunste van die konsep van aanlyn vergaderings. Die meeste het ook dié nuwe manier van vergadering sommer baie geniet! Die oudste lid wat die vergadering bygewoon het was 82 jaar oud. Van die ouer lede het Gerhan ‘n uur na die vergadering nog besig gehou met vrae. Baie lede het na die vergadering teruggeskakel en vertel hoe beïndruk hulle daarmee was.


Die tak het ʼn paar lede wat in die buiteland woon en werk en dit was vir hulle veral ʼn heerlike ervaring om deel te wees van die vergadering en van die ander lede te kon sien. Een lid werk in Irak, ‘n ander op The Isle of Man en nog een in Engeland. Die lid in Irak is al van begin Februarie vasgevang in Irak a.g.v. COVID-19 en vir hom was dit net so lekker om bekende gesigte te sien.


Dit was ‘n snerpende koue aand in George en Gerhan se gevoel is dat hy nie 10 lede by ‘n gewone ledevergadering sou gehad het nie. Tuinroete se gemiddelde bywoning by ‘n ledevergadering is ongeveer 30 lede. Die aanlyn vergadering met 70 lede was dus besonder goed bygewoon.


Die sukses van ‘n aanlyn vergadering is afhanklik van goeie beplanning voor die tyd en Gerhan-hulle het dit deeglik gedoen. Saam met Gerhan was twee van sy bestuurslede aangewys as mede-aanbieders wat gehelp het dat lede se mikrofone op mute is om steurnis te beperk. Hulle het ook gehelp om lede se vrae via die chat funksie te beantwoord wat daartoe bygedra het om die vergadering vlot te laat verloop.


Vir die samestelling van die bywoningsregister moes elke lid 30 minute ná die vergadering ‘n WhatsApp met sy/haar naam en lidnommer aan die tak se WhatsApp nommer stuur. Die sekretaris het dan die deelnemers se name op die skerm vergelyk met die inligting van die W/Apps en die register so saamgestel.


Die ledevergadering het gedien as kleedrepetisie om te sien of Tuinroete-tak ook die Algemene Jaarvergadering (AJV) met Zoom sal kan aanbied. Daar is eenparig besluit dat Tuinroete-tak wel op 17 September 2020 hul AJV oor Zoom sal aanbied. Die tak bly by die Vereniging se aanbeveling vir 2020, en gaan nie aan die bestuur verander nie. Verder, hou hulle nie vanjaar enige stemming en prysuitdeling nie aangesien te min skietdae aangebied is. Net ‘n finansiele verslag en voorsittersverslag sal voorgelê word. Hulle mik vir moontlike bywoning van die aanlyn AJV van 100 lede. Voorheen het sowat 50 mense die AJV bygewoon.


Die sukses van Tuinroete-tak se ledevergadering bewys dat ons lede na vyf maande van die COVID-19 grendeltydperk uitgehonger is om kontak met mekaar te maak en nuus van die Tak en SA Jagters se nasionale kantoor te ontvang.


Baie geluk aan Tuinroete-tak, dit is ‘n besondere inisiatief!

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!