• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Beroepsjagters: Registrasie vir erkenning van vorige leerervaring (RPL)

Die sperdatum vir SAQA-registrasie vir professionele jagteropleiding is verleng van 30 Junie 2024 tot 30 Junie 2025. Dit is verskeie kere voorheen hernu maar ʼn nuwe eenheidstandaard is intussen geskep wat moontlik in werking kan tree. Dit is onseker of hierdie eenheidstandaard en die nuwe opleiding (wat nog geskep moet word) sal lei tot ’n kwalifikasie (bestuur deur Hoër Onderwys) of ’n ambag (bestuur deur Departement Arbeid).

Wanneer só ʼn kwalifikasie verval, word daar normaalweg reëlings getref dat die ou kwalifikasie behou kan word deur middel van erkenning van vorige leerervaring (recognition of prior learning).

Ons beveel aan dat lede met sertifikate wat deur die direkteur van ʼn beroepsjagskool (al was dit 30+ jaar gelede) uitgereik is en hul bestaande/ou kwalifikasie as beroepsjagter wil behou, vrywillig registreer vir vorige leerervaring vir beroepsjagters wat Phasa aanbied. Phasa is reeds sedert 2015 by SAQA as die regulerende bedryfsliggaam geregistreer. Dit het niks te doen met Phasa as die vereniging vir beroepsjagters nie. Slegs een organisasie kan as een bedryfsliggaam registreer.

Registrasie vir erkenning van vorige leerervaring deur Phasa bied die geleentheid aan alle beroepsjagters om hulle sertifikate as beroepsjagter van die “ou opleiding”, om te skakel na ʼn NQF-vlak 4 Nasionale Sertifikaat (SAQA 58930 Professional Hunting – ʼn nuwe eenheidstandaard vir ʼn kwalifikasie) wat Cathseta tans sertifiseer en uitreik.

Lede moet die registrasie vir erkenning van vorige leerervaring voor 30 Junie 2025 doen.

Vanweë die onsekerheid oor talle aspekte, is SA Jagters se aanbeveling aan beroepsjagters soos volg:

Registreer by Phasa vir die erkenning van vorige leerervaring. Indien SAQA die ou kwalifikasie hernu, plaas dit geen verpligting op lede nie. Indien die nuwe kwalifikasie geregistreer word dan is lede reeds geregistreer vir die omskakeling deur middel van erkenning van vorige leerervaring na die nuwe kwalifikasie of ambag, welke een van die twee dit ook al mag wees.

Lede wat beroepsjagterstatus by SA Jagters verwerf het, hoef nie aansoek te doen vir Phasa lidmaatskap om te registreer vir erkenning van vorige leerervaring soos hierbo beskryf word nie. Die proses is beskikbaar vir alle beroepsjagters, nie net vir lede van Phasa nie. Die koste van die “RPL” proses is ook nog nie beskikbaar nie.

Ons beveel aan dat beroepsjagters stap 1 hieronder voltooi.

Stap 1 Registrasie

  • Laai die registrasievorm hier af
  • Voltooi die registrasievorm volledig (Dit moet in PDF wees)
  • Heg ʼn gesertifiseerde afskrif van u identiteitsdokument Maak seker dat die datumstempel duidelik sigbaar is. Vir die nuwe ID-kaart word beide die voor- en agterkant vereis. (Hierdie dokument moet ’n PDF wees.)
  • Heg ’n gesertifiseerde afskrif van u hoogste skoolkwalifikasie of Nasionale Senior Sertifikaat (Matrieksertifikaat) aan. Maak seker dat die datumstempel duidelik sigbaar is. (Hierdie dokument moet in PDF wees.)
    • Indien u nie meer die bogenoemde sertifikaat het nie, is ʼn beëdigde verklaring by die SAPD ook aanvaarbaar. Vir ʼn voorbeeld klik hier (Dit moet in PDF wees)
  • Laai die “Learner Signature” dokument hier Voltooi in swart ink. (Hierdie dokument moet in ’n jpegformaat wees)
    1. Naam en van
    2. Handtekening
    3. Paraaf
  • Heg ʼn gesertifiseerde afskrif van u sertifikaat van die Beroepsjagterskool aan en maak seker dat die datumstempel duidelik sigbaar is. (Dit moet in jpegformaat wees.)
  • Heg ʼn gesertifiseerde afskrif van u provinsiale beroepsjagterlisensie aan en maak seker dat die datumstempel duidelik sigbaar is. (Dit moet in jpegformaat wees.)
  • E-pos alle bogenoemde dokumente aan training@phasa.co.za Stuur ook ʼn afskrif aan boetiek@sahunt.co.za sodat SA Jagters u kan bystaan met die opvolg van registrasie.

Stap 2 Portefeulje van Bewyse

  • Die voltooiing van die proses vind eers plaas ná afhandeling van die registrasie soos hierbo beskryf en nadat die nuwe SAQA-eenheidstandaard registreer is. Die vereiste dokumentasie hiervoor sal eers na die registrasie van die SAQA-eenheidstandaard uitgestuur word.
  • U sal ʼn volledige Portefeulje van Bewyse moet indien om te bewys dat u oor genoeg ervaring beskik om die nuwe kwalifikasie te ontvang. Hierdie proses sal eers begin vanaf ʼn datum wat bekendgemaak sal word nadat die nuwe kwalifikasie via SAQA se eenheidstandaard registreer is en wanneer dit bekend is of die departement Hoër Onderwys of Arbeid daarvoor verantwoordelikheid aanvaar.
  • Vir nou hoef u niks verder te doen nie behalwe die eerste stap om by Phasa te registreer vir die erkenning van vorige leerervaring.
Kliek om te vergroot
Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!