• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Suksesverhaal van ’n tak

Gedurende ’n takbesoek in Januarie 2007 deur die skrywer aan die Mopani tak op Phalaborwa het die nuwe voorsitter, Pierre Terblanche sy kommer oor die toekoms van die tak uitgespreek. Takaktiwiteite is baie swak bygewoon ten spyte van bestuur se beste pogings om lede betrokke te kry en die bestuurslede het begin moed verloor. Die suksesvolle bedryf van ’n tak van die SAJWV, met gelukkige lede, verg baie toewyding, entoesiasme en harde werk van takbestuur. Swak bywoning van takaktiwiteite deur lede is die belangrikste aanduiding dat ’n tak nie “gesond” is nie.

Pierre het gedurende September 2006 oorgeneem as nuwe voorsitter en die volgende was die belangrikste gebreke wat hy identifiseer het:

Geen rekordhouding van sakelyste, notules en presensielyste nie, geen begroting, geen finansiële kontrole, geen jaarprogram, geen opleiding, geen gebruik van taksubsidie beskikbaar by nasionale kantoor, geen bydrae vir Taknuus nie, geen kommunikasie met lede behalwe met vergaderings en geen of swak bywoning van die Nasionale Takvoorsittersforum en die Kongres deur bestuur! Praat van ’n resep vir mislukking!

My advies aan Pierre gedurende bogenoemde gesprek was om te fokus op die volgende basiese aspekte om die tak op die regte pad te bring. Om te verseker dat hy in elke bestuurspos die regte persoon i.t.v. entoesiasme en vaardighede aanstel, dat hy as voorsitter die persone ondersteun en ontwikkel in hul poste, dat hy saam met sy bestuur fokus op gehalte aktiwiteite wat interessant aangebied word en om te sorg vir behoorlike kommunikasie met sy tak se lede. Kry dit reg en die res sal “outomaties in plek val.”

Gedurende Oktober 2007 het die takke landwyd verslag gedoen oor takaktiwiteite van die vorige 9 maande ter voorbereiding van die toekennings wat gemaak word aan kampioentakke by die SAWJV se nasionale Kongres gedurende November 2007. Dit was dadelik duidelik dat groot veranderinge aan die gebeur is by die Mopanie tak. Die gemiddelde bywoning per takvergadering het vermeerder met 50% en die gemiddelde bywoning by die maandelikse skietdae het verdriedubbel (gemiddeld een derde van die totale aantal lede in die tak, woon maandelikse skietdae by) – Mopanie tak het op daardie stadium 139 opbetaalde lede gehad! Ek het Pierre geskakel en hom en sy takbestuur gelukgewens met die prestasie, maar ook gevra wat hulle gedoen het om die merkwaardige verandering teweeg te bring. Die volgende is gebaseer op ’n verslag wat ek van die tak ontvang het.

Die nasionale dokument – “Beleid vir die Ontwikkeling, Organisasie en Bestuur van Takke” – is uitgereik aan elkeen van die takbestuurslede om te verseker dat elke bestuurslid weet wat sy/haar taak behels. Piere het ook na uitreiking van die dokument opgevolg om te verseker dat elke bestuurslid sy/ haar pligte verstaan en om te verseker dat implementering plaasvind! Behoorlike boekstawing van inligting is gedoen om te verseker dat dit beskikbaar is wanneer nodig – bv. notules van vergaderings, skiettoekennings gebaseer op skietresultate is vir die eerste keer in jare aan lede oorhandig en data was beskikbaar om aan Inyathipark verslag te doen oor takaktiwiteite vir die afgelope jaar. ‘n Begroting is betyds opgestel vir die volgende finansiele jaar en finansiele dissipline en beheer het baie gou die tak in staat gestel om projekte soos die ontwikkeling van hul eie skietbaan en ‘n klein voorraad van promosie items – bv. Jagters logboeke – word by die tak beskikbaar gemaak aan lede.
Vir die eerste keer is ‘n persoon aangestel as Opleidingsbeampte en die kursus vir Toegwyde Jagters word gereeld aangebied. Waar die tak aanvanklik nie beskik het oor enige gekwalifiseerde Baanoffisiere nie, was daar baie gou 17 gekwalifiseerde Baanoffisiere. ‘n Skietkoordineerder is verantwoordelik vir beplanning en bedryf van die skietdae en die Junior Opleidingsbeampte het suksesvol junior belangstelling en deelname by skietdae begin ontwikkel. Die skietdae word gereeld aangebied (soms tot 3 skietdae per maand) en die verbetering van lede se skietvernuf is duidelik uit die jagverslae van lede oor suksesvolle eerste skote op diere in die jagveld. Die gees op die skietdae is van so ‘n aard dat lede kom kuier net om deel te wees van die dag en die lekker eetgoed wat aangebied word!

Kommunikasie met lede word per e-pos gedoen – sakelyste van beplande ledevergaderings, die notules van vorige vergaderings en herinnering van beplande skietdae – gebruik van die plaaslike koerant, die “Phalaborwa Herald” waar kommunikasie verder geneem word en die resultate en fotos by skietdae gepubliseer word! Lesers van die koerant (die algemene gemeenskap) kan nie die aktiwiteite van die Mopani tak van die SAJWV op Phalaborwa mis nie!

Die Jaarafsluitingsfunksie van 2007 was ‘n reuse sukses met 54 lede wat dit bygewoon het en sertifikate en toekennings is aan 19 lede oorhandig. Gedurende takvergaderings word DVD’s gewys of gassprekers word genooi om die lede toe te spreek en skiettoekennings en maandelikse skietrofee word oorhandig.

Sewe jaar later – waar staan Mopani tak in 2014 – enkele statistiek

  • Byna 500 lede
  • Kampioentak van die SAJWV in hul kategorie in 2009, 2011 en 2013
  • Gemiddelde maandelikse deelname gedurende die afgelope 9 maande: 94 lede per takvergadering, 189 lede by skietdae en 40 juniors wat deelneem aan tak aktiwiteite

Baie geluk aan Mopani tak se bestuurspan oor die afgelope sewe jaar – dit is waaroor ‘n tak van die SAJWV gaan! Fokus op kommunikasie met en gehalte aktiwteite vir die tak se lede en hulle sal jou beloon met hul bywoning, deelname en entoesiasme! Baie dankie, Mopani takbestuur en elke SAJWV tak se bestuurspan vir die toewyding en harde werk om van die Vereniging so ‘n pragtige organisasie te maak. Dit is die rede waarom elkeen van ons trots is om lede van SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging te wees!

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!