• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Kandidate vir takbestuur

Een van die belangrike jaarlikse geleenthede by die takke van SA Jagters is die Algemene Jaarvergaderings (AJV). ‘n Belangrike item op die agenda is die verkiesing van nuwe lede op die takbestuur waar nodig en die sukses van die proses word onder andere bepaal deur die hoeveelheid taklede wat daaraan deelneem.

Die SAJWV is ’n vereniging vir lede, deur lede en takbesture bestaan uit individue wat in hul vrye tyd takke bestuur en aktiwiteite vir lede beplan en aanbied. Die sukses van ‘n tak begin by die verkiesing van entoesiastiese bestuurslede wat bereid is om die werk te doen, genomineer word in portefeuljes waarin hulle belangstel en oor die nodige kennis, vermoë, infrastruktuur en vrye tyd beskik om hul take behoorlik uit te voer. Die identifisering van bekwame vrywilligers vir takbesture behoort ’n deurlopende proses in elke tak te wees en die lede kan ’n groot bydrae maak. Takbestuur moet voortdurende op opvolgbeplanning fokus, om te sorg dat daar plaasvervangers is wanneer bestaande bestuurslede se termyne verstryk.

In die algemeen is persone met ‘n suksesvolle geskiedenis in hul persoonlike en besigheidslewe goeie kandidate vir takbestuur. Die takvoorsitter is die leier en bestuurder van die tak en hy bepaal tot ‘n groot mate die sukses van ‘n tak. Hy moet take effektief kan delegeer na sy bestuurspan en die bydraes van almal koördineer. ‘n Paar van die eienskappe wat ‘n voorsitter moet besit is: integriteit, selfdissipline, volharding, invloed, ‘n positiewe ingesteldheid, en effektiewe kommunikasie vaardighede. Hy is in meer as een opsig ‘n rolmodel vir sy bestuurspan en elke lid van sy tak. Evalueer enige suksesvolle tak en sonder uitsondering ontdek jy ‘n dinamiese voorsitter met ‘n positiewe ingesteldheid en die vermoë om mense te inspireer tot ‘n gesamentlike doel.

Die skietkoördineerder moet goed kan organiseer en met ‘n sterk persoonlikheid om dissipline op die skietbaan te verseker. Offisiere of onderoffisiere (tans in diens al dan nie) van die SA Weermag of SA Polisie is dikwels goeie kandidate vir die pos. Finansies van takke moet volgens basiese rekenkundige beginsels bedryf word met ‘n behoorlike stel boeke. Die Tesourier moet ‘n persoon wees met rekenkundige agtergrond en nougesette aandag tot finansiele sake. Persone met bestaande vaardighede en ondervinding in opleiding word benodig in die poste van junior en senior Opleier. Die Vereniging se opleiding bestaan uit: Toegewyde Jagters, Toegewyde Sportskuts en Baanoffisiere.

Opsommend, persone verkies tot bestuursposte op takvlak moet genomineer en verkies word gebaseer op bestaande ondervinding en vaardighede, dit kan nie op takvlak aangeleer word nie. Lede, kontak u takbestuur en raak betrokke in die nominasie en verkiesingsproses en waar moontlik maak u beskikbaar as vrywilliger waar u dienste benut kan word. Ons Vereniging word gebou op die bydraes van vrywilligers!

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!