• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Jaarlikse evaluering van takke

Die takke van die Vereniging is dié uiters belangrike platvorm vir praktiese dienslewering aan lede op plaaslike vlak. Vir die rede is die stigting van nuwe takke en die ontwikkeling van bestaande takke landwyd van strategiese belang vir die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging. Daar kan met reg deur lede gevra word, wat word gedoen om te verseker dat alle takke funksioneel bedryf word, en dat die nodige dienslewering wel plaasvind?

Die Takevaluasieprogram van die SAJWV het ten doel om die effektiwiteit van die Vereniging se takke te meet in terme van dienslewering aan lede op takvlak. Die evaluasieperiode strek jaarliks van 1 Oktober tot 30 September van die volgende jaar. Die eerste komponent van die takevaluasieprogram bestaan uit die meting, maandeliks van lededeelname aan takbestuursvergaderings, ledevergaderings, skietdae en skietkompetisies, opleiding van Toegewyde Jagters, Juniorbetrokkenheid en ander opleiding. Hoekom slegs hierdie vyf aktiwiteite? Hierdie aktiwiteite is die hartklop van ’n tak en indien dit gereeld en interessant aangebied word sal dit meer en méér lede aanmoedig om deel te neem en gebeur al die ander aktiwiteite spontaan rondom dit. Die groei in lededeelname landwyd by die takke wat die program effektief gebruik is dramaties!

Die belangrikste voordeel van die program is dat dit ’n standaard stel en alle takke weet wat die kritieke elemente is waaraan aandag gegee moet word. Hierdie resultate word eerstens deur takbesture gebruik om vordering en deelname op takvlak te meet. Tweedens kan daar deur Inyathi Park bepaal word waar hulp benodig word en derdens kan pas gestigte en nuwe takke dit gebruik as riglyne vir ontwikkeling.

Die tweede komponent van die program is die jaarlikse selfevaluering deur takbestuur, net voor die Algemene Jaarvergadering, van die sukses van elke pos op bestuur vir die afgelope jaar. Hierdie proses verseker dat indien ’n pos in die afgelope jaar nie aan die vereistes voldoen het nie, daar bepaal word hoekom nie en dat regstellende aksie geneem word. Hierdie is nie bedoel as ’n heksejag nie – dit is juis om persone wat die werk uit die liefde vir die “saak” doen by te staan om te bepaal wanneer daar ’n probleem is. Dit mag wees dat ’n persoon se persoonlike en/of werksomstandighede dit moeilik maak om tyd te spandeer aan die eise wat sy/haar pos stel. Moontlike regstellende aksie kan wees om vir die persoon hulp te kry óf die geleentheid om terug te staan dat iemand anders vir die pos benoem word wat meer vrye tyd het om daaraan af te staan. Baie positiewe terugvoer i.v.m. die evaluasieprogram word van die takke wat dit suksesvol toepas, ontvang.

Bogenoemde resultate word gebruik om jaarliks die takkampioene in verskillende kategorieë te bepaal – die takke kompeteer teen mekaar afhangened van die grootte van die tak (getal lede). Op ‘n tweede vlak kompeteer die vyf kategorie wenners verder teen mekaar vir die Grootkampioen tak toekenning met verdure kriteria soos gereelde plasing van Taknuus, aantal dames in takbestuursposte, eie fondse ingesamel versus taksubsidie en die tydige indiening van finansiele state korrek opgestel by die nasionale kantoor. Die kampioene ontvang jaarliks toekennings aan die begin van November by die SAJWV Kongres.

Met 73 takke van die SAJWV verdeel in 15 streke (soos op April 2014), is die funksionering van die Vereniging se takke ’n suksesverhaal sonder gelyke in dié bedryf. Ons kan egter nie bekostig om selfvoldaan te raak oor ons sukses nie en omdat ons dink dat dit goed gaan nie, daar is altyd ruimte vir verbetering, by sommige takke meer as by ander. Die Takevaluasieprogram is oorspronklik vir hierdie rede geskep en sal deur Inyathipark en die takke bestuur word in ons strewe na uitnemendheid. Saam bou ons om ’n reeds UITMUNTENDE Vereniging, die BESTE Vereniging te maak, tot voordeel van elke lid!

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!