• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Juniorbetrokkenheid by die takke van die SAJWV

Ons jeug is die toekoms, koester hulle, in die nabye toekoms moet hulle by ons oorneem, op meer as een terrein in ’n wêreld met ongelooflike uitdagings! Vir ons as jagters en natuurliefhebbers is dit veral belangrik dat vandag se jongmense toegerus word om in die toekoms by ons oor te neem op die gebiede van bewaring, jag, vuurwapens en waardering vir die buiteluglewe – in geen spesifieke volgorde nie.

Die uitdaging in die algemeen is om kinders se belangstelling voldoende te prikkel en om hulle betrokke te kry by bogenoemde tipe aktiwiteite. Dié ouers wat hul kinders blootstel aan die natuur deur bv. vakansies met hulle te kampeer, besoeke aan die diere- en/of wildtuin, jagtogte, betrokkenheid by die aktiwiteite van die SAJWV ens. is die individue wat suksesvol daarin slaag.

Dit is veral die algemene betrokkenheid van kinders op takvlak waar verbetering moontlik is en waarmee baie takke erken hulle graag ‘n verskil wil maak, maar dit nog nie goed genoeg regkry nie. Dikwels is die enigste groepie kinders wat betrokke is by die tak, die kinders van die aktiewe ouers by die tak. Dit is ‘n begin, maar daar is ’n baie wyer teikengroep kinders wat wag op ontginning en die geleentheid om betrokke te raak!

Neem kennis dat juniorbetrokkenheid die sleutelwoord is en nie noodwendig junioropleiding nie. Kinders bly kinders en in hul vrye tyd speel hulle met reg veel eerder as om “formeel te leer”.
Maak doelbewus en gestruktureerd plek by die tak se aktiwiteite vir die kinders van verskillende ouderdomsgroepe op so ’n manier:

  • dat hulle dit só geniet, dat hulle;
  • uitsien na die volgende keer en
  • ’n maatjie saambring

Met na-skoolse aktiwiteite soos sport, ander vermaak soos televisie, rekenaars en flieks mag dit dikwels baie moeilik voorkom om die kinders se belangstelling te kry vir aktiwiteite by ’n tak. Die kreatiwiteit van takbestuur, maar veral die Junioropleier is die enigste beperking! By ’n skietdag is daar skietoefeninge deur die jare spesiaal “ontwerp/ontwikkel” vir kinders soos, ketties, windbukse (deesdae luggewere) en pyl en boog wat op ’n legio pretmaniere vir die kinders aangebied kan word. Ander aktiwiteite soos spoorsny, identifisering van voëls, plante en grastipes en ander veldkennis is onderwerpe wat by die meeste skietbane baie interressant aangebied kan word. Indien dit bekend klink – die aktiwiteite van die Voortrekkers en Boy Scouts is al vir dekades gebaseer op dieselfde beginsels – die belangrike verskil is dat daar nou geleentheid is om die hele familie te betrek.Terwyl die kinders besig gehou word kan Ma en Pa bv. saam skiet. Die junioropleier kan en moet ook ander ouers (soos bv. mammas) betrek om hulp te verleen – op die manier word die junioraktiwiteite ’n element wat groei stimuleer in die tak.

Die Marico Bosveld tak op Rustenburg het bv. ’n projek vir behoeftige kinders in hul omgewing. Van hierdie kinders woon in woonwaparke en die voedingsprogramme by die skool is dikwels die enigste maaltye wat hulle vir die dag geniet. Die tak het begin om klere in te samel vir die kinders. Hulle neem van die kinders “bos” toe, wat dikwels ook hulle eerste vakansie weg van die karavaan/ huis is. Tydens die kamp word die kinders “bederf” met lekkers, koek, ordentlike boerekos, vleisbraai, mopaniewurms, koeldrank, vrugte, nagmars, lanternbekruip, kleilat, skiet met luggewere en .22’s (meeste van hulle se eerste ontmoeting met ‘n geweer), wildritte, kamoeflering, kampvuurstories en godsdiens!

By die Sandrivier-58 tak te Welkom is daar ’n doelbewuste en baie suksesvolle program om kinders betrokke te kry op Excalibur skietbaan net buite Welkom. Hier kry die kinders geleentheid om onder toesig te skiet met luggewere, 22 Randslaggewere en handwapens. ‘n Juniordag elke jaar word spesiaal gereël (met tot 80 kinders by so ’n geleentheid) waar op die dag net skiet- en ander aktiwiteite vir juniors aangebied word en die ouers uitgenooi word om saam te kuier en te kyk wat die kinders doen.

’n Soortgelyke inisiatief word by die Mopani tak op Phalaborwa bedryf op hulle “Dorpsbaan” skietbaan waar die skietbaan op Woensdae beman word deur baanoffisiere wat spesifiek na die skietaktiwiteite van die kinders omsien!

Die potensiele positiewe impak op hierdie kinders se lewens kan net oor spekuleer word, maar die inisiatiewe van Marico Bosveld, Sandrivier-58, Mopani en baie ander takke om ‘n verskil te maak in die kinders se lewens, is prysenswaardig!

Met voorbeelde soos die word dit weereens duidelik dat kinders steeds net so ontvanklik is vir basiese en gesonde pret buite in die natuur soos 20, 30 en selfs 50 jaar gelede. Die verskil is dat baie van hulle as gevolg van hul omstandighede geen of baie min blootstelling daaraan kry. Dit is hierdie geleentheid wat ons moet aangryp om waarde toe te voeg tot hul lewens. Volwassenes betrokke by die aksies getuig van ongelooflike bevrediging as gevolg van die entoesiasme en opregte waardering van die kinders – wat meer kan voor gevra word?

Wie het jou bekendgestel aan die opwindende wêreld van jag? Was dit jou pa, oupa of miskien ‘n oom wat tyd spandeer het met ‘n blinkoog jongeling op sy/haar eerste jag? Die aangename herinneringe aan beide die persoon wat jou op jou eerste jag geneem het en die jag self, sal waarskynlik vir die res van jou lewe met jou bly. Daardie ervaringe het ‘n reuse bydrae gemaak tot die persoon, bewaarder en jagter wat jy vandag is. Die hoeksteen van jou passie vir jag, skiet en die natuur is waarskynlik by daardie geleentheid/geleenthede gelê! Elke jagter kan ‘n soortgelyke bydrae maak in meer as een jongmens se lewe.

“In the end we will conserve only what we love;
we will love only what we understand;
and we will understand only what we have been taught.”
Baba Dioum, Africa

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!