SA Jagter-lede kan ʼn bydra maak tot die oorlewing van bye. Ons vier hierdie maand Internasionale Byedag gevier want bye is ‘n belangrike deel van ons wêreld. Hulle is verantwoordelik vir die bestuiwing van ongeveer 30% van ons voedselgewasse en 90% van ons wilde plante. Bye word egter ernstig bedreig. Jy kan ‘n verskil maak. Kliek hier vir interessante stories oor mense en bye. https://www.fao.org/world-bee-day/stories/en
Het jy geweet:
- Daar is lewende ensieme in heuning wat doodgaan wanneer dit met ‘n metaallepel in aanraking kom, so gebruik liewer ‘n glas-, hout- of plastieklepel.
- Heuning bevat ‘n stof wat jou brein help om beter te funksioneer.
- Propolis wat bye produseer, is een van die kragtigste natuurlike antibiotika.
- Heuning het geen vervaldatum nie.
- ‘n By leef minder as 40 dae, besoek ten minste 1000 blomme en produseer minder as ‘n teelepel heuning in sy leeftyd.
- Die term honeymoon of wittebrood kom van die feit dat pasgetroudes heuning geëet het vir vrugbaarheid na hul troue.
Lees meer op die Sweet Success Initiative bladsy hier