SA Jagters se Tuinroete-tak het in Mei 2024 in samewerking met die Boy Scouts van George ’n mini SASS opname van die Malgasrivier gedoen om die gesondheid van dié rivier te bepaal. Die Scout Cubs het dit baie geniet en onderneem om voortaan die riviertoestande oor die langtermyn te monitor. Die kinders het invertebrate versamel wat indikators is van hoe gesond die rivier is. Hulle het ook rommel opgeruim. Hierdie opnames is ʼn aanduiding van die faktore wat riviere se gesondheid benadeel om sodoende daaraan aandag te gee en om bewusmaking te kweek. Ander takke van SA Jagters kan soortgelyke aktiwiteite beoefen.
SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION
SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING
SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING