• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Nasionale Biodiversiteitstrategie en Aksieplan

Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing (DBVO) opdateer tans Suid-Afrika se Nasionale Biodiversiteitstrategie en Aksieplan (NBSAP). Hierdie dokument bepaal die rigting vir bewaring, grondgebruik en wildbestuur vir die volgende dekade.

Besprekings het onder meer die volgende ingesluit:

  • Herstel van ekosisteme
  • Verbetering van ekologiese infrastruktuur
  • Die balansering van volhoubare hulpbronbenutting
  • Verbetering van mens-wildlewe saambestaan
  • Volhoubare finansiering

Ons bewaringsbestuurder, Lizanne Nel, het aktief aan die proses deelgeneem om te verseker dat die volgende aspekte in die plan vervat word:

  • betekenisvolle benaderings tot biodiversiteitsbewaring
  • erkenning van die rol van die private sektor in biodiversiteitsbewaring, ekonomiese ontwikkeling en voedselsekerheid
  • erkenning van die rol van die wildbedryf as ’n volhoubare finansieringsmeganisme vir bewaring en die bereiking van die doelwitte van die NBSAP, insluitend klimaatsveerkragtigheid
  • beleid geskoei op wetenskap en ekonomiese realiteit om die toekoms van verantwoordelike jag te verseker

Die volgende belangrike aspekte is uitgelig:

Die wildsvleisrevolusie: Die regering wil die wildsvleisbedryf vinnig uitbrei om werksgeleenthede op die platteland te skep en gesonde proteïen te voorsien. Wetgewing, spesifiek die Wet op Vleisveiligheid (Wet 40 van 2000) en die regulasies, maak dit baie moeilik om vleis wettig by gewone slaghuise te verwerk en om vleis te verkoop wat in die veld geoes is. SA Jagters werk aktief daaraan om ’n betekenisvolle wetgewende raamwerk te help vestig.

Jag en die wildbedryf verskaf volhoubare finansiering vir bewaring: Die konsepplan vir ʼn nasionale biodiversiteitstrategie (NBSAP) steun grootliks op internasionale skenkers, staatsubsidies en geld van nie-regeringsorganisasies om bewaring te finansier. Dit ignoreer grotendeels die multi-miljardrand-waarde van die wild- en jagbedryf. Die grootste biodiversiteit kom egter buite beskermde gebiede voor waar die wildbedryf en plaaslike gemeenskappe dit bewaar. Hierdie bewaarders gebruik hul eie fondse om habitatte te rehabiliteer, indringerplante te beheer, erosie te bekamp en spesies te bewaar, soos die projek vir volhoubare wildlewe-ekonomie aandui. Gereguleerde jag dra jaarliks R44 miljard tot die ekonomie by, hoofsaaklik gedryf deur plaaslike jagters wat betaal om vrylopende proteïen op hierdie wildgebiede te jag en ’n volhoubare bron van inkomste vir hierdie gebiede verseker. SA Jagters het duidelik die boodskap oorgedra dat wettige, gereguleerde en volhoubare benuttingsaktiwiteite, soos jag, Suid-Afrika se biodiversiteitsdoelwitte aktief finansier en erkenning verdien in die NBSAP.

Ekosisteembewaring en klimaatsveerkragtigheid: Die wêreldwye teiken is dat alle lande teen 2030, 30% van hul grondgebied moet beskerm (die “30 teen 30”-teiken). Private wildplase en jaggebiede verseker dat groot landskappe met wild nie fragmenteer nie en koolstof behou, wateropvangsgebiede beskerm en wildhabitatte beveilig. Ons beywer ons vir die erkenning van hierdie gebiede, waar ons lede vrywillig kan deelneem volgens die benadering van die OECM (Other Effective Area-Based Conservation Measures). Dit dien as amptelike erkenning aan lede se bydraes tot klimaatsverandering en bewaring van ons ekosisteem.

SA Jagters sal voortgaan om ’n samelewingbenadering tot biodiversiteitsbewaring te bevorder. Ons lede en SA Jagters is nie bloot belang-hebbendes nie; ons is sleutel-vennote in die beskerming van ons biodiversiteitserfenis vir die nageslag.

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!