Gedenkmes – Pottie Potgieter
Pieter JJS Potgieter is op 1 Desember 1941 in die Gobabis-distrik in Namibië gebore. Hy het sy kinderjare op verskeie plekke in Namibië deurgebring waar sy Spoorweë pa vir die gewerk het. Hy het in 1959 aan Otjiwarongo Hoërskool matrikuleer en daarna aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys studeer waar hy die grade B.A, M.A en D.Phil. verwerf het. Hy het vir ʼn kort rukkie by die destydse departement van inligting gewerk maar keer later terug na die Potchefstroom Universiteit as akademikus tot sy aftrede. Pottie het as kind begin jag – aanvanklik vir kos op die tafel – maar sy liefde vir jag het mettertyd gegroei en ontwikkel in ʼn passie vir die veld.
Pottie het op 1 September 2001 by die SA Jagters aangesluit as voorsitter van die skietklub in Potchefstroom wat later die Hartbees-tak sou word. Hy raak betrokke by die bestuur van SA Jagters en het van 2007 tot 2010 as presidentgedien. Gedurende sy termyn het groot veranderinge in die SAJWV plaasgevind omdat d Die groeiende ledetal nuwe strukture en prosesse vereis het. ʼn Nuwe grondwet is ontwikkel waarin lede en takke groter deelname en seggenskap gekry het. Dit was in hierdie proses waar Pottie ʼn beduidende rol gespeel het. Hy het ook ʼn groot bydrae gelewer in die vestiging van die kultuur van SA Jagters met die openingseremonie by die Kongres, die sing van die Jagterslied en die vertoning van die Takke se embleme. Pottie se voorkeurjagveld bly die boswêreld van Namibië en die uitdaging bly nog net een groot blou elandbul.
Prof. Pottie het die ontwerp van hierdie mes van sy keuse verskaf en ook goedgekeur.
In die vierde reeks messe van Prof. Pottie is daar ’n keuse tussen ʼn hef van ivoor of olienhout.
Plaas ʼn bestelling deur middel van ʼn elektroniese bankoorplasing van R2 500 plus koerier in SA Jagters se bankrekening by Absa. Die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik jou lidnommer en Pietermes as verwysing.
Navrae President-reeks Messe