• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Presidente-reeks Messe

Kassie Kasselman

Johannes Jurie (Kassie) Kasselman is op 31 Augustus 1943 gebore en het in die Riversdal-omgewing tussen die kleinwild in die duineveld van die Suid-Kaap grootgeword. Kassie se belangstelling in gewere kom van kleintyd af. Hy het as kind skywe getrek by kommando-skietbyeenkomste. As ’n skoolkadet het hy provinsiale kleure met die .22 verwerf en later nasionale kleure ontvang as ʼn Bisley-skut en bankrusskut. Kassie is ʼn verbruiksjagter wat graag in die Bosveld, die Kalahari en in die Karoo jag.

Hy het sy loopbaan in die weermag in Pretoria deurgebring en was ʼn stigterslid van die herlaaivereniging. Met die inlywing van die vereniging by die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging het Kassie by die bestuur van die vereniging betrokke geraak. Hy is sedert 1 September 1997 ʼn lid van SA Jagters en was in ʼn stadium adjunkpresident en het in 2005 tot 2006 as president gedien. Kassie het ʼn voorliefde vir herlaai en is bekend as spesialis op hierdie terrein.

Kassie het die oorspronklike Queen Steel mes in 1968 aangeskaf en gebruik dit nog vandag. Hy het die ontwerp van hierdie mes van sy keuse verskaf en goedgekeur.

Daar is slegs ‘n paar messe oor in die reeks van 25 genommerde messe. Enigeen wat een van hierdie messe soek, kan bestel om teleurstelling te voorkom. Daar is ’n keuse tussen ʼn hef van kameelperdbeen of kameeldoringhout.

Plaas ʼn bestelling deur middel van ʼn elektroniese bankoorplasing van R2 500 in SA Jagters se bankrekening by Absa. Die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik jou lidnommer en Kassiemes as verwysing.

Gedenkmes Kassie Kasselman - Kameeldoringhout
Gedenk mes Kassie Kasselman - Kameelperdbeen

Prof. Gerhard Verdoorn

Gerhard Verdoorn is in 1959 in Brakpan gebore. Hy het reeds vanaf ʼn baie jong ouderdom in die bewaring van die natuur belang gestel. Gedurende sy laerskooldae het hy vetplante versamel en gekweek en op hoërskool het sy jaginstink na vore gekom. Hy het sy eerste geweer, ʼn Brno 602 in .270 aangeskaf toe hy 14 jaar oud was.

Die bewaringsgogga het egter altyd voorkeur geniet en ʼn lang loopbaan in bewaring het in 1985 begin met vrywillige werk op aasvoëls, roofvoëls, roofdiere, kraanvoëls, veldtogte teen vergiftiging, asook navorsing in verskeie rigtings in die natuurwetenskap. Dit het gepaard gegaan met sy akademiese loopbaan by die Randse Afrikaanse Universiteit (10 jaar as senior lektor in organiese chemie) en twee jaar in Israel waar hy navorsing in chemie gedoen het met die fokus op roofvoëls.

Einde 1998 het hy met meer erns begin jag en grootkalibergewere aangekoop waaronder ʼn .416 Rigby Ruger en ʼn Winchester in .375 H&H Magnum. Hy was deurentyd ʼn voorstander van etiese jag en het hom toegespits op vlaktewild vir vleis.

In 2004 het Gerhard by die destydse bestuurskomitee van die SAJWV aangesluit as raadgewer oor bewaring en het verskeie ander portefeuljes beklee, nl. visepresident: bewaring (ses jaar), adjunkpresident (vier jaar) en as president (vier jaar).

Onder sy leiding het SA Jagters pertinent op bewaring begin fokus: nie net om die bewaring-gedeelte van die naam gestand te doen nie, maar met die besef dat geen jagorganisasie sy bestaan in die huidige internasionale konteks kan regverdig indien hy hom nie ook as ‘n bewaringsorganisasie onderskei nie.

Gedurende sy diens van meer as tien jaar (eers as raadgewer, toe as visepresident: Bewaring en later as president) het die vereniging een van die leidinggewende nie-regeringsorganisasies vir bewaring in Suid-Afrika geword.

Sy eerste gewaarwording van die ideale jagmes was in sy standerd 8 skooljaar toe die Bushmaster jagmes van befaamde mesmaker, Piet Grey, op die voorblad van Man tydskrif gepryk het. Daar was nooit geleentheid of geld om so ʼn jagmes te laat maak nie maar toe die SAJWV die oud-presidente gedenkreeks bekendstel, was dit sy kans om na 52 jaar se hunkering so ʼn mes te kon bekom. Die mes was ʼn droom wat amper ʼn leeftyd geneem het om te realiseer. Gerhard is die SAJWV en Dawie Els wat die mesmaker is, innig dankbaar vir hierdie meesterstuk.

Volg dieselfde bestelprosedure as hierbo. Gebruik Gerhardmes en jou lidnommer as die verwysing wanneer die bedrag van R3 500 oorgeplaas word in SA Jagters se bankrekening by Absa.

Gedenkmes Gerhard Verdoorn - Rooi Ivoor
Gedenkmes Gerhard Verdoorn - Swart Ivoor

Andre van Dyk

André van Dyk is op 26 November 1951 gebore en het in Krugersdorp grootgeword. Hy het op 1 September 1986 by die SAJWV aangesluit en aktief deelgeneem aan die trofeekompetisie. In 1984 word hy aangestel as deeltydse skakelbeampte vir die vereniging. Hy was ook verkies as adjunkpresident en het van 1997 tot 2000 as president gedien.

Andre is ʼn geesdriftige jagter wat lief is vir die boswêreld. Hy het graag in Zimbabwe, Botswana, Mosambiek, Zambië en Namibië gejag en het selfs per geleentheid in Europa en in Finland gejag. Hy was by twee geleenthede aangewys as die Grootkampioen Jagter van SA Jagters en het in 1995 die gesogte Musgrave-toekenning ontvang. André was ook vir ʼn geruime tyd redakteur van SA JAGTER/HUNTER.

Hy het die ontwerp van hierdie mes van sy keuse verskaf en goedgekeur.

Volg dieselfde bestelprosedure as hierbo. Gebruik Andremes en jou lidnommer as die verwysing wanneer die bedrag van R2 500 oorgeplaas word in SA Jagters se bankrekening by Absa.

Gedenkmes Andre van Dyk - Ivoor
Gedenkmes Andre van Dyk - Olienhout

Prof. Pieter Potgieter

Pieter JJS Potgieter is op 1 Desember 1941 in die Gobabis-distrik in Namibië gebore. Hy het sy kinderjare op verskeie plekke in Namibië deurgebring waar sy Spoorweë pa vir die gewerk het. Hy het in 1959 aan Otjiwarongo Hoërskool matrikuleer en daarna aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys studeer waar hy die grade B.A, M.A en D.Phil. verwerf het.

Hy het vir ʼn kort rukkie by die destydse departement van inligting gewerk maar keer later terug na die Potchefstroom Universiteit as akademikus tot sy aftrede. Pottie het as kind begin jag – aanvanklik vir kos op die tafel – maar sy liefde vir jag het mettertyd gegroei en ontwikkel in ʼn passie vir die veld.

Pottie het op 1 September 2001 by die SA Jagters aangesluit as voorsitter van die skietklub in Potchefstroom wat later die Hartbees-tak sou word. Hy raak betrokke by die bestuur van SA Jagters en het van 2007 tot 2010 as presidentgedien. Gedurende sy termyn het groot veranderinge in die SAJWV plaasgevind omdat d Die groeiende ledetal nuwe strukture en prosesse vereis het. ʼn Nuwe grondwet is ontwikkel waarin lede en takke groter deelname en seggenskap gekry het. Dit was in hierdie proses waar Pottie ʼn beduidende rol gespeel het. Hy het ook ʼn groot bydrae gelewer in die vestiging van die kultuur van SA Jagters met die openingseremonie by die Kongres, die sing van die Jagterslied en die vertoning van die Takke se embleme. Pottie se voorkeurjagveld bly die boswêreld van Namibië en die uitdaging bly nog net een groot blou elandbul.  

Prof. Pottie het die ontwerp van hierdie mes van sy keuse verskaf en ook goedgekeur.

Volg dieselfde bestelprosedure as hierbo. Gebruik Pottiemes en jou lidnommer as die verwysing wanneer die bedrag van R2 500 oorgeplaas word in SA Jagters se bankrekening by Absa.

Gedenkmes Pieter Potgieter - Ivoor
Gedenkmes Pieter Potgieter - Olienhout

Dr. Peet van Zyl

Petrus Paulus van Zyl is op 10 Maart 1943 op Steynsrus in die Vrystaat gebore. Hy het medies aan die Universiteit Pretoria studeer en in diagnostiese radiologie gespesialiseer. Peet was by uitstek ʼn trofeejagter met ʼn indrukwekkende trofeeversameling. Tussen 1976 en 1985 het hy bykans alle wildsoorte gejag wat in Suidelike Afrika voorkom, waaronder sewe olifante, een witrenoster, 17 buffels, twee leeus en een luiperd. In 1974 het hy by die SAJWV aangesluit en ʼn aktiewe bydrae gelewer as ʼn bestuurslid van 1981 tot 1993.

Hy het in 1992 en 1993 as president van die vereniging gedien. In 1982 het Peet die toekenning van Grootkampioen Trofeejagter ontvang, en in 1991 is hy vereer met die Pour le Mérite-toekenning. In 2002 is erelidmaatskap van SA Jagters aan hom toegeken. In 1991 was hy ook die ontvanger van die gesogte Musgrave-trofee.

Peet is op 9 September 2023 oorlede, nadat hy die ontwerp van hierdie gedenkmes van sy keuse bevestig het.

Volg dieselfde bestelprosedure as hierbo. Gebruik Peetmes en jou lidnommer as die verwysing wanneer die bedrag van R2 500 oorgeplaas word in SA Jagters se bankrekening by Absa.

Gedenkmes Peet van Zyl - Ivoor
Gedenkmes Peet van Zyl - Kameeldoringhout

Navrae President-reeks Messe

Kliek om te vergroot
Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!