Ons doen ʼn beroep op lede om deel te neem aan die Giraffe Conservation Foundation (GCF) se nasionale opname om die aantal en verspreiding van kameelperde in Suid-Afrika te bepaal.
Die resultate sal bydra tot bewaring en beplanningsprosesse, evaluering van bewaringsinisiatiewe en die implementering van doelgerigte strategieë, insluitend die handel in kameelperde.
Dit neem omtrent 5 minute om die opname hier te voltooi.Deelnemers kan anoniem bly, maar alle persoonlike inligting sal vertroulik bly. Die GCF sal die resultate met deelnemers deel.