Die Vuurwapenbedryf Groet ’n Groot Gees
John Izak Welch is op 9 Januarie op 73-jarige ouderdom in Pretoria oorlede. Hy is op Vrydag 19 Januarie vanuit Kerk Sonder Mure in Centurion deur ds. Colin Smith begrawe.
Die vuurwapengemeenskap het een van sy grootste ambassadeurs en steunpilare verloor. John sal altyd onthou word vir sy bydrae wat hy op verskeie terreine gemaak het om veilige en verantwoordelike vuurwapenbesit te bevorder. Sy spesialiskundigheid oor wapens en ammunisie en sy kennis en agtergrond as regsgeleerde het hom gekwalifiseer om ʼn leidende rol in verskeie vuurwapen- en ammunisieverwante organisasies te vervul waar hy deurlopend die belange van vuurwapeneienaars verteenwoordig en beskerm het.
John sal altyd onthou word vir sy leierskap en strategiese betrokkenheid by die Pretoria Wapen en Ammunisievereniging, die Nasionale Wapen en Ammunisie Versamelaarsvereniging en die belangrike rol wat hy as trustee in die Suid Afrikaanse Geweereienaarsvereniging (SAGA) vervul het.
Regslui sal hom onthou vir sy deeglike voorbereiding en kalm nie-konfronterende benadering waarmee hy baie sukses in die howe behaal het. John was altyd bereid om te help en het sy kundigheid oor wapens, ammunisie en die reg selfs op internasionale vlak met ander kundiges gedeel.
In die geweerwêreld sal hy deur versamelaars, wapengeesdriftiges, sportskuts en jagters met dankbaarheid onthou word in sy kortbroek met sy kenmerkende glimlag. Sy vriende sal hom verder ook onthou vir sy kameraadskap om die kampvuur en vir die passie waarmee hy sy liefde vir vuurwapens en ammunisie in die natuur en op die skietbaan uitgeleef het.
SA Jagters se innige meegevoel word gedeel met sy familie en geliefdes.
The firearm sector greets John Welch
John Izak Welch passed away on 9 January at the age of 73 in Pretoria. He was laid to rest on Friday, 19 January, from Church Without Walls in Centurion. The firearms community has lost one of its greatest ambassadors and champions.
John will always be remembered for his contributions in various fields to promote safe and responsible firearm ownership. His expertise in firearms and ammunition, along with his background as a legal expert, qualified him to take a leading role in various firearm and ammunition-related organisations where he consistently represented and protected the interests of firearm owners.
John will be remembered for his leadership and strategic involvement with the Pretoria Arms and Ammunition Association, the National Arms and Ammunition Collectors Association, and the important role he played as a trustee in the South African Gunowners’ Association (SAGA).
Legal professionals will remember him for his thorough preparation and calm, non-confrontational approach that led to his success in the courts. John was always willing to help and shared his expertise on firearms, ammunition, and the law with other experts, even at an international level. Collectors, firearm enthusiasts, sport shooters, and hunters will fondly remember him, often dressed in his shorts and with his characteristic smile, for his companionship around the campfire, and his passion for firearms and ammunition. SA Hunters extends its heartfelt condolences to his family and loved ones.