Read English newsletter here
Geagte kollega
Daar was die afgelope week heelwat geraas in die bedryf oor die eenheidstandaard vir die opleiding vir vuurwapenbevoegdheid wat op 30 Junie 2024 verval het. Die feite rondom hierdie situasie is kortliks soos volg:
Alle eenheidstandaarde – ook die eenheidstandaarde vir opleiding vir bevoegdheid om ’n vuurwapen te besit – verval van tyd tot tyd en behoort hersien te word. Die Minister van Onderwys het nagelaat om betyds reëlings te tref om die eenheidstandaard te hernu of om dit met ’n gepaste ander eenheidstandaard te vervang.
Die implikasie hiervan is dat niemand na die vervaldatum van 30 Junie 2024 wettige en geldige opleiding vir vuurwapenbevoegdheid sou kon doen nie. Gelukkig het die Gauteng Hooggeregshof die Professional Firearms Trainers Council (PFTC) se dringende aansoek toegestaan om die eenheidstandaard geldig te hou totdat die eenheidstandaard vervang of hernu is.
Dit beteken dat gesertifiseerde en geregistreerde vuurwapenopleiers kan voortgaan om geldige bevoegdheidsopleiding aan te bied. Daar is ’n talle ander eenheidstandaarde waarvan die registrasie ook op 30 Junie 2024 verval het.
Dit is weer eens ’n gevolg van swak administratiewe bestuur by staatsinstellings.
Vriendelike groete
Fred Camphor
HUB
SA Jagters