• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Gemeenskap help wildboere om stropers se strikke te vernietig

Wildstropery, oftewel onwettige jag, is een van vele uitdagings waarmee wildboere daagliks te doen kry. Hoewel die stroop van Suid-Afrika se renosterbevolking wêreldwyd opslae maak weens die geweldige impak wat dit op die voortbestaan van hierdie bedreigde spesies het, loop baie  ander wildspesies ook deur onder stropers.

Wildstropery kom in baie gedaantes voor en nie alle oortreders is tot die tande gewapen soos in die geval met renosterstropery nie. Genadelose wilddiewe gebruik alledaagse artikels soos draad en elektriese koord waarmee hulle strikke in die veld stel om diere te vang. Danksy die werk van ‘n groep natuurliefhebbers in die Phalaborwa-omgewing in Limpopo Provinsie, word die lewens van ‘n verskeidenheid wildsoorte op plase in die gebied van ‘n pynlike en stadige dood gered.  

Lede van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Mopani-tak wat die Phalabora-gemeenskap bedien, het vanjaar by twee geleenthede saam met Eco Rangers ‘n plaas in die omgewing gevee vir wildstrikke. Volgens Pierre Terblanche, voorsitter van dié tak, was beide geleenthede suksesvol en is talle strikke verwyder.

Die strikke word gestel in gebiede waar die moontlikheid om ‘n dier te vang redelik goed is, soos byvoorbeeld op wildpaadjies wat na watergate lei. Die dier word dan aan die nek of poot gevang (of aan die slurp in die geval van olifante). Die dier probeer om uit die strik te ontsnap, maar in die proses word die strik net stywer getrek. Die dier vrek dan van honger en dors. “Dit is ‘n pynlike dood en dikwels word karkasse gekry waar diere probeer het om die poot af te kou,” vertel Pierre.

In een geval is ‘n volstruis in ‘n strik gevang. Die lede het op die warm karkas afgekom, maar was net te laat om die volstruis te red. Die verwydering van strikke bring net tydelike verligting omdat wildstropers baie gou weer nuwe strikke stel.

Hierdie volstruismannetjie is in ‘n strik gevang en kon nie betyds gered word nie. Stropers gebruik draad en elektriese koord om strikke op wildplase te stel. Diere  wat só gevang word, sterf ‘n stadige en pynlike dood.


Mopani-tak beplan om verskeie vee-operasies te onderneem om die wildboere in die omgewing te ondersteun in die bekamping van dié vorm van wilddiefstal. Die junior lede van die Mopani-tak word ook betrek en die jonger lede word terselfdertyd meer van die veld en veldkuns geleer.

Enigeen wat belangstel om betrokke te raak by hierdie aktiwiteit, kan met Pierre Terblanche by pierre.terblanche@palabora.co.za  of met  Tina van Niekerk  by tinavanniekerk@hotmail.com in verbinding tree. Besoek ook www.sahunters.co.za  of skakel 012 808-9300 vir meer inligting oor die bewaringsaktiwiteite van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging en sy 74 takke landwyd.

(Bron: Mopani-tak van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging)

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!