• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Gemeenskap help wildboere om stropers se strikke te vernietig

Wildstropery, oftewel onwettige jag, is een van vele uitdagings waarmee wildboere daagliks te doen kry. Hoewel die stroop van Suid-Afrika se renosterbevolking wêreldwyd opslae maak weens die geweldige impak wat dit op die voortbestaan van hierdie bedreigde spesies het, loop baie  ander wildspesies ook deur onder stropers.

Wildstropery kom in baie gedaantes voor en nie alle oortreders is tot die tande gewapen soos in die geval met renosterstropery nie. Genadelose wilddiewe gebruik alledaagse artikels soos draad en elektriese koord waarmee hulle strikke in die veld stel om diere te vang. Danksy die werk van ‘n groep natuurliefhebbers in die Phalaborwa-omgewing in Limpopo Provinsie, word die lewens van ‘n verskeidenheid wildsoorte op plase in die gebied van ‘n pynlike en stadige dood gered.  

Lede van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se Mopani-tak wat die Phalabora-gemeenskap bedien, het vanjaar by twee geleenthede saam met Eco Rangers ‘n plaas in die omgewing gevee vir wildstrikke. Volgens Pierre Terblanche, voorsitter van dié tak, was beide geleenthede suksesvol en is talle strikke verwyder.

Die strikke word gestel in gebiede waar die moontlikheid om ‘n dier te vang redelik goed is, soos byvoorbeeld op wildpaadjies wat na watergate lei. Die dier word dan aan die nek of poot gevang (of aan die slurp in die geval van olifante). Die dier probeer om uit die strik te ontsnap, maar in die proses word die strik net stywer getrek. Die dier vrek dan van honger en dors. “Dit is ‘n pynlike dood en dikwels word karkasse gekry waar diere probeer het om die poot af te kou,” vertel Pierre.

In een geval is ‘n volstruis in ‘n strik gevang. Die lede het op die warm karkas afgekom, maar was net te laat om die volstruis te red. Die verwydering van strikke bring net tydelike verligting omdat wildstropers baie gou weer nuwe strikke stel.

Hierdie volstruismannetjie is in ‘n strik gevang en kon nie betyds gered word nie. Stropers gebruik draad en elektriese koord om strikke op wildplase te stel. Diere  wat só gevang word, sterf ‘n stadige en pynlike dood.


Mopani-tak beplan om verskeie vee-operasies te onderneem om die wildboere in die omgewing te ondersteun in die bekamping van dié vorm van wilddiefstal. Die junior lede van die Mopani-tak word ook betrek en die jonger lede word terselfdertyd meer van die veld en veldkuns geleer.

Enigeen wat belangstel om betrokke te raak by hierdie aktiwiteit, kan met Pierre Terblanche by pierre.terblanche@palabora.co.za  of met  Tina van Niekerk  by tinavanniekerk@hotmail.com in verbinding tree. Besoek ook www.sahunters.co.za  of skakel 012 808-9300 vir meer inligting oor die bewaringsaktiwiteite van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging en sy 74 takke landwyd.

(Bron: Mopani-tak van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging)

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!