• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Jagters bring verligting vir droogtegeteisterde Sutherland

‘n Beskeie welwillendheidsgebaar van ‘n paar sakke mielies vir boere in die droogtegeteisterde Sutherland in die Noord-Kaap, het binne weke gegroei tot 480 ton voorraad om die ergste droogte in ‘n lang tyd in hierdie streek te verlig. Tot dusver, word die totale waarde van die droogtebystand op R1,04 miljoen bereken, nadat die gemeenskap in die Overbergdistrik hul harte en beursies oopgemaak het.

Hierdie projek het begin nadat twee lede van die Overberg-tak van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) uit empatie ‘n paar sakke mielies by boere in Sutherland gaan aflaai het. Aangegryp deur die ellende van mense en diere in Sutherland, het Frank Esterhuizen en Essie Esterhuyze besluit om hul mede-jagters vir skenkings te nader sodat hulle meer voer na hierdie streek kon stuur.

Sutherland is een van vele streke in die land waar daar droogte heers, maar weens sy ligging ver van hoofroetes af, kry dit min hulp van ander droogtehulpprojekte. Vervoer is een van die groot struikelblokke om voorraad by hierdie streek uit te kry.

Frank en Essie se uitreikprojek vir die gemeenskap van Sutherland het jagters en ander inwoners in die Overberg aangespoor om geld en voer te skenk. Boere van die omgewing het voer beskikbaar gestel terwyl kontantskenkings ingestroom het om voer en ander noodsaaklike items aan te koop wat die mense van Sutherland broodnodig het. Skenkers kon geld direk in KaapAgri se bankrekening deponeer om vir nog voer te betaal. Kaap Agri het self ook mildelik bygedra terwyl ander sakelui in die omgewing op verskeie tasbare maniere hulle kant gebring het.

“Nie een van ons kon dink dat droogtehulp so vinnig sou groei van twee bakkies na agt bakkievragte nie,” vertel Justus Harms, voorsitter van SA Jagters se Overberg-tak. “Toe ons sleepwaens nodig gehad het, het Jimmy’s Trailers van die Strand ingestem om vyf sleepwaens vir drie dae gratis te verskaf.

“Baie van ons boere, wat begrip het vir die nood in die landbousektor, het sonder om te skroom, voer geskenk om die voertuie vol te pak. Die eerste konvooi voer het op 24 November 2017 om halfagt die oggend uit Villiersdorp vertrek en teen 12:00 was ons in Sutherland. ‘n Vyftien-ton-besending is op die skougronde aan Sutherland se droogtekomitee oorhandig wat die voer onder die boere verdeel het.”


Overberg konvooi na Verlatenpas

Dit was egter nie die einde van die storie nie. Twee maande later op 23 Februarie het ons wéér so gemaak. “Overberg-tak het sedert November 2017, reeds 480 ton droogtehulp na Sutherland geneem. Van die plase het onlangs vir die eerste keer in vyf jaar reën gekry, maar dit gaan nog jare neem vir hierdie gebied om te herstel. Die mense kry baie swaar. Party dae is daar nie kos op hulle tafels nie,” sê Justus.

Na sewe konvooie se droogtehulp aan die mense en diere van Sutherland, staan die Overberg-tak se Droogtehulp-projek tans op R1 041 000 wat bestaan uit:  

  • 82 ton mielies ter waarde van R287 000
  • 333 ton strooibale ter waarde van R293 000
  • Kruideniersware ter waarde van R47 000
  • Die totale afstand afgelê deur die konvooie voertuie was 36 000 km
  • Brandstofkoste het R164 000 beloop
  • Kontant skenkings vir die aankoop van voer, kruideniersware, brandstof ens was tot dusver R250 000

Die vervoerkoste sluit net die direkte brandstofkoste in. Die gebruik van die bakkies, vragmotors en sleepwaens is nie hierby ingesluit nie en is deur individue en sakelui van die Overberg geskenk.

Overberg-tak se bestuur en ander helpers verdeel massasakke

Justus sê hulle is baie dankbaar vir al die hulp. Die Overberg-tak het veral groot waardering vir Danie de Waal wat al die logistieke reëlings getref het om die voer en ander skenkings gelaai te kry en te vervoer. ‘Sonder sy toewyding en harde werk sou hierdie projek nooit so ‘n groot sukses gewees het nie.”

Justus hoop dat ander takke van SA Jagters en hulle gemeenskappe hierdie voorbeeld sal volg en ook die hand sal uitsteek om droogtegeteisterde gebiede in ander dele van die land te help. “Ek weet van boere in die noorde van die Oos-Kaap wat hulle plase se sleutels by hulle buurman gaan aflaai het en weggery het. Ek glo daar is voer in die suide van die Oos Kaap wat verligting kan bring.”

Overberg-tak se droogtehulp is met groot verligting en dankbaarheid ontvang. “Jy kon die dankbaarheid in hulle oë lees. Ons as jagters is ook bewaarders. Dít is waarvoor die Vereniging staan. Ek hoop dat die publiek besef dat ons nie net uit die natuur neem nie, maar dat ons teruggee.”

Die droogtehulp-projek gaan voort. Overberg-tak wil nog meer voer bymekaar maak. Mense en ondernemings wat ‘n bydrae wil maak, kan met Justus in verbinding tree by 0824974230 of justus@supremespares.co.za

Die nood is steeds groot en enige skenkings aan Overberg-tak se droogtefonds word verwelkom. Geld kan in enigeen van die volgende bankrekenings betaal word:

Kaap Agri bankbesonderhede (gebruik 43308 as verwysing)
ABSA rekeningnommer: 380 000 350
Takkode: 632 005
FNB rekeningnommer: 6210 818 5663
Takkode: 250 655

Overberg-tak se bankbesonderhede (gebruik DROOGTE as verwysing)
FNB
Takkode: 200312
Rekeningnommer. 6211 487 1016


Konvooi op pad na Sutherland

https://youtube.com/watch?v=ADySKpsxwnM%3Fwmode%3Dtransparent
Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!