• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Gemeenskap Help Uile Bewaar

Jagters en natuurliefhebbers van die Springs-omgewing in Gauteng, het onlangs ses gevlekte ooruile, tien skilpaaie en twee blouvalkies op ’n wildplaas in die Cullinan-distrik in die natuur hervestig. Dit maak deel uit van ‘n omvattende bewaringsprojek waarmee die Springbok-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) al sedert 2010 besig is.

Al hierdie diere was voorheen beseer en het by Wildlife in Crisis naby Springs beland waar hulle met groot toewyding versorg en gerehabiliteer is sodat hulle weer in die natuur vrygelaat kan word. Dié bewaringsprojek verg egter meer as om net die diere los te laat.


Ben Janse van Vuuren van die Springbok-tak van die SAJWV op die punt om hierdie blouvalk se vryheid te gee.

Springbok-tak se bewaringspan rig ook uilrestaurante of voerplekke op in dieselfde omgewing waar die uile vrygelaat word om knaagdiere te lok sodat die uile hulle kan jag. Uilkaste word daar naby in geskikte bome geplaas om die uile aan te moedig om in die omgewing te bly en te broei. Die Vereniging se lede hou behoorlik boek van elke dier wat hulle vrylaat. Die ringnommer van die voëls en die GPS koördinate waar hulle vrygelaat word, word sorgvuldig aangeteken. Die gebied word gereeld besoek om te sien of die uile in die omgewing vestig en broei.

Springbok-tak se N17-uilprojek, soos dit bekend staan, is in 2010 begin om uilsterftes op ’n gedeelte van die N17-deurweg tussen Springs en Secunda te bekamp. Uile eet graag road kill en insekte op deurpaaie en word dan self dood- of raakgery. Ben Janse van Vuuren, bewaringskoördineerder van dié tak, verduidelik dat veral gevlekte ooruile dikwels padslagoffers word omdat hulle effens lui is om te jag en dan eerder aan die dooie diere of insekte op die deurpad eet.


Spanwerk! ‘nUilkas geskik vir ‘n gevlekte ooruil word in ‘n boom vasgemaak naby ‘n voerplek om rotte en muis te lok.

Met die samewerking van kundiges, sakelui in die omgewing en grondeienaars langs die N17, het die tak se bewaringspan uilrestaurante in die omgewing opgerig om veilige jaggebiede aan uile te verskaf en hulle van die paaie af te hou.

Die werk wat die SAJWV ten opsigte van bewaring doen, strek wyd en lewer ’n belangrike bydrae tot bewusmaking, opvoeding, inligting en beskerming van biodiversiteit. Daar heers baie onkunde oor uile en talle bygelowe dra by tot die doodmaak van hierdie pragtige voëls.

Die tak het met opvoedings- en inligtingsprogramme groot vordering gemaak om die waarde en voordele wat uile vir bewaring inhou, aan plaaslike inwoners oor te dra. “Sodra die mense eers self ervaar dat hulle minder rotte en muise het omdat die uile die getalle bekamp, verander hulle houding teenoor uile baie gou,” vertel Ben.

Die tak is afhanklik van vrywilligers en skenkings om hierdie bewaringstaak voort te sit. “Ons is baie dankbaar vir die ondersteuning van ons eie lede, ander individue en sakelui in die gemeenskap wat ons help. Ons wil meer jong mense betrek by ons bewaringsaksies, mense in die omgewing inlig oor en bystaan met plaagbeheer; en meer mense aanmoedig om uile te koester en te bewaar,’ sê Ben.

Vir inligting oor die N17 uilprojek, of om betrokke te raak by hierdie bewaringsprojek, tree in verbinding met Ben Janse van Vuuren by Ben@fibreco.co.za of info@springboktak.co.za, of besoek www.sahunters.co.za

Ben Janse van Vuuren, bewaringskoördineerder van die Springbok-tak van die SA Jagters en Wildbewaringsvereniging, met een van die ses gevlekte ooruile wat onlangs in die natuur hervestig is

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!