• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park Newsletters
      National Congress
      Social Media
      SA Hunters Shop
      Our Magazines
      HuntEx
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      International Engagements
      Conservation FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Accredited Hunting Destinations (new 2024 season coming soon)
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Awards
      News and Resources
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
      2024 Shooting Competitions
      Hunting-based Shooting
      Junior Shooting
      Shotgun Shooting
      Sport Shooting
      Multi-discipline Sport Shooting
      SA Precision Rifle Federation
      Fun Shoot
      News, Articles and Resources
      Shooting Ranges
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Maintaining your Status
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      National Calendar
      Reloading
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Shooting Committee
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Firearms Home Page
      What We Offer
      Firearm Legislation
      Firearm Licence Applications
      Firearm Licence Renewals
      Competency
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Motivations and Endorsements
      Firearm Helpline & Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      News and Resources
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      SA Hunters Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      Firearms FAQs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop

Jagters help met vestiging van jagluiperds by Rietvlei Natuurreservaat

Die Pretoria-Oos-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) het grootliks bygedra tot die vestiging van jagluiperds in die Rietvlei Natuurreservaat, suid van Pretoria. Dié tak het sedert 2011 reeds oor die R184 000 vir bewaringsprojekte by dié reservaat bygedra.

Die Rietvlei Natuurreservaat het in November 2015 vier jong jagluiperds bygekry wat vir groot opwinding onder gereelde en nuwe besoekers aan hierdie gewilde reservaat sorg. Die jagluiperds kom oorspronklik van die Welgevonden Wildreservaat waar hulle wees gelaat is nadat hul ma dood is weens ‘n besering. Rietvlei Natuurreservaat bied ‘n ideale omgewing waar die jong diere kan leer om te jag sodat hulle as volwaardige, wilde jagluiperds tot bewaring van hierdie spesie kan bydra.

Die reservaat het in 2014 sy eerste jagluiperd – ‘n mannetjie – gekry danksy die inisiatief en finansiële ondersteuning van SAJWV se Pretoria-Oos-tak wat R30 000 vir die aankoop van die eerste jagluiperd geskenk het. Die tak het ook R14 000 bygedra vir ‘n radiohalsband om sy bewegings te monitor.

Die vier jong jagluiperds is in November 2015 met die hulp van die Trust vir Bedreigde Wildlewe na die Rietvlei Natuurreservaat gebring waar hulle eers ‘n paar weke in die boma aangehou is sodat hulle aan die nuwe omgewing gewoond kan raak. Die jagluiperds is daarna uit die boma vrygelaat sodat hulle kan leer om self te jag.

Teen Maart of April vanjaar, sal twee van die drie wyfies teruggeneem word na hulle geboorteplek in die Welgevonden Wildreservaat, terwyl die mannetjie na die Bergkwagga Nasionale Park verskuif sal word. Die ander wyfie sal by Rietvlei agterbly met die hoop dat sy en die mannetjie wat in 2014 daar gevestig is, sal teel. Dit is dan ook vir dié wyfie waarvoor SAJWV se Pretoria-Oos-tak R16 000 geskenk het vir die aankoop van ‘n radiohalsband om haar bewegings te monitor.

Jurie Blom, voorsitter van dié tak, sê hulle fokus hul bewaringsaktiwiteite op reservate en projekte binne die plaaslike gemeenskap en groter Tshwane-gebied. “Ons ondersteun ook die Groenkloof Natuurreservaat en Dinokeng met instandhoudingswerk, oprigting van infrastruktuur, die verwydering van strikke en met finansiële bydraes. Bewaring is meer as ‘n aktiwiteit: dit is ‘n leefstyl wat ons deurlopend onder ons lede aanmoedig.”

Dieter Labuschagne, bewaringskoördineerder van Pretoria-Oos-tak sê hulle ondersteuning aan Rietvlei sedert 2011 het baie bygedra tot die bestuur van wild in die reservaat. In 2011 het die tak ‘n boma ter waarde van R500 000 in die reservaat opgerig om die vang en vervoer van oortollige wild op die reservaat moontlik te maak. Dit is ook in dié boma waar die vier jong jagluiperds eers hulle voete moes vind voordat hulle in die 4000 ha reservaat vrygelaat is.

In 2014 het Pretoria-Oos-tak nagsigtoerusting ter waarde van R34 000 aan die reservaat geskenk om sekuriteitspersoneel wat snags patrollies doen beter toe te rus. Kabeldiefstal is ‘n groot probleem in die reservaat. Danksy die nagsigtoerusting is twee verdagtes onlangs in verband met kabeldiefstal in hegtenis geneem.

Riaan Marais, hoof van Rietvlei Natuurreservaat, sê hulle is baie dankbaar vir al die skenkings en bystand wat hulle van SAJWV ontvang. “Die elektroniese toerusting, soos die halsbande wat die jagluiperds dra, versamel telemetriese data wat waardevolle inligting verskaf oor die bewegings van die jagluiperd. Die reservaat strek oor 4000 hektaar. Dit is ‘n groot gebied om te monitor maar dit is noodsaaklik vir die doeltreffende bestuur van die reservaat dat ons soveel moontlik inligting oor die diere en hulle bewegings kan insamel.”

Die vestiging van jagluiperds in reservate in Suid-Afrika word volgens wetenskaplike beginsels bestuur. Die Trust vir Bedreigde Wildlewe se jagluiperdprojek het DNS-monsters van hierdie vier jong jagluiperds ingesamel as deel van navorsing in die genepoel van die meta-populasie. Hierdie navorsing is belangrik om te verseker dat Suid-Afrika se luiperdbevolking gesond is.

Volgens Vincent van der Merwe, koördineerder van Trust se jagluiperd-metapopulasieprojek, is daar ‘n groot aanvraag na jagluiperds in ander Afrika-lande waar hierdie diere byna uitgesterf het.

Vroeg in Desember 2015, binne die eerste week nadat die jagluiperds uit die boma gelaat is, het Riaan Marais, bestuurder by Rietvlei Natuurreservaat, opgemerk dat die wyfie met die radiohalsband ernstige beserings opgedoen het. Sy is met die hulp van ‘n veearts geïmmobiliseer en onmiddellik na ‘n kliniek verskuif om haar beserings te behandel. Een van haar tone aan ‘n voorbeen moes afgesit word en ‘n ernstige wond aan ‘n agterbeen is behandel. Riaan vermoed dat sy ‘n swartwildebees probeer vang het toe sy beseer is. Sy sou ‘n rukkie in die kliniek deurbring totdat sy genoegsaam herstel het om weer in die reservaat vrygelaat te word. Volgens Riaan gaan dit uitstekend met die ander drie jagluiperds en is hulle reeds suksesvolle jagters.

Net tyd sal leer of die jagluiperdwyfie se beserings haar jagvermoë permanent sal inperk. SAJWV se Pretoria-Oos-tak is voortdurend in kontak met Riaan om terugvoering oor haar vordering te kry.

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles

error: Content is protected !!