• Home
    • About SA Hunters Home Page
      Who We Are
      Board and Excecutive Members
      Meet the Team
      Conservation Committee
      Hunting Committee
      Shooting Committee
      Inyathi Park News
      National Congress
      Social Media
      Our Magazines
      HuntEx
      SA Hunters Shop
      Commercial Offers to Member
      Our Youth
      FAQs
    • Membership Home Page
      Why become a member
      Membership Fees
      Membership Administration
      Mentorship - Make a Difference
      Commercial Offers to Members
      Liability Insurance
      Membership FAQs
    • Branches Home Page
      Find Branches on Google Maps
      Branch Information per Province
      Branch Matters and Accomplishments
      Branches FAQs
    • Firearms Home Page
      Firearm Licence Helpline
      Firearm Legislation
      Application Process for Firearm Licences
      Dedicated Status (Sport Shooting & Hunting)
      Firearm Licence FAQs
    • Hunting Affairs Home Page
      Our Hunting Policy and Code
      Hunting Heritage
      Hunting Statistics
      Hunting Committee
      Hunting Licences and Proclamations
      Transport Permits Pigand Other Game Meat
      Hunting Packages 2026
      Hunters Education
      Professional Hunting
      Measuring Wildlife
      Game Meat
      Fishing
      Awards
      Hunting Articles, News and Resources
      Foot and Mouth Disease
      Hunting FAQs
      SA Hunters Shop
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Home Page
    • Conservation Home Page
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation Initiatives
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Conservation News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Support Conservation
      SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Legislation and Policy Framework
      Responsible Use of Resources
      Position on Lead Ammunition
      Conservation FAQs
    • Photography Home Page
      Photography Competition Information
      Photography Competition Gallery
      Photography Club on Facebook
      Photography Club Gallery
      Photography FAQs
  • SA Hunters Shop
Search

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA HUNTERS AND GAME CONSERVATION ASSOCIATION

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGSVERENIGING

SA JAGTERS- EN WILDBEWARINGS- VERENIGING

hunters jagters
hunters jagters

Bewaringsgroepe werk saam tot voordeel van jagluiperds

ʼn Jong jagluiperdwyfie in die Rietvlei Natuurreservaat, suid van Pretoria, laat haar nie so maklik vang nie. Ten spyte van fyn beplanning deur die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging en met die hulp van ereveldwagters, studente in natuurbewaring, die Stigting vir Bedreigde Wildlewe, Rietvlei-personeel en ʼn veearts het die wyfie weer eens gewys wie is baas in die veld.

ʼn Geesdriftige groep helpers het op 3 Mei by Rietvlei Natuurreservaat byeengekom om die jagluiperd in die 4000 hektaar reservaat op te spoor sodat ʼn veearts haar kan pyl. Die jagluiperd wat nou sowat twee jaar oud is, maak deel uit van die Stigting vir Bedreigde Wildlewe (EWT) se navorsingsprojek om te verseker dat Suid-Afrika se jagluiperdbevolking gesond en volhoubaar is.

Die veearts kon egter nie naby genoeg kom om haar suksesvol met ʼn verdowingspyl te skiet nie. Teen sononder het die soekspan die aftog blaas nadat die jagluiperd in die lang gras gaan skuil het. Vorige pogings om haar te vang was ewe onsuksesvol en het haar reeds die bynaam, Houdini, besorg.

Rietvlei Natuurreservaat se jagluiperdprojek spruit uit ʼn bewaringsinisiatief van die Pretoria-Oos-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) wat in 2014 daartoe bygedra het om Sanbona, die jagluiperdmannetjie, in Rietvlei te vestig.

Sanbona moes egter ʼn maat kry en daar is gesoek na ʼn jagluiperdwyfie. In 2015 het ʼn geskikte geleentheid opgeduik toe ʼn werpsel jagluiperdjies in die Welgevonden Reservaat se ma dood is. Met die kundigheid en hulp van EWT is vier jong jagluiperds – drie wyfies en een mannetjie – na die veiligheid van Rietvlei Natuurreservaat verskuif.

Die plan was om een wyfie permanent in Rietvlei te vestig as ʼn maat vir Sanbona, terwyl die ander drie later gevang en in geskikte habitatte hervestig sou word sodra hulle leer jag het en vir hulleself kan sorg. Die vier jong jagluiperds het vinnig aangepas en nadat hulle vir ʼn rukkie in ʼn boma aangehou en gevoer is, is hulle later in die reservaat vrygelaat waar hulle suksesvol leer jag het.

Kiara, die wyfie wat as maat vir Sanbona gekies, is, is egter ernstig beseer toe sy klaarblyklik ʼn swartwildebees probeer vang het, kort nadat die diere uit die boma vrygelaat is. Sy het wonderbaarlik herstel, hoewel sy ʼn paar tone in die proses verloor het. Die jong mannetjie en een wyfie is intussen gevang en hervestig.

In November 2016, het Kiara almal verras met drie gesonde welpies wat sedertdien die publiek se verbeelding gaande het. Besoekersgetalle aan Rietvlei Natuurreservaat het skerp toegeneem en natuurliefhebbers en fotograwe stroom daagliks na die reservaat om Kiara en haar welpies te sien en af te neem. Getrou aan jagluiperds se karakter, kruip Kiara en haar welpies soms baie goed weg, en is nie almal ewe bevoorreg om hulle wel raak te loop nie.

Intussen het die oorblywende wyfie haar skaars gehou en tot dusver het alle pogings om haar te vang, misluk. Vincent van der Merwe, koördineerder van EWT se jagluiperd-metapopulasieprojek, wat ook deel was van die span wat haar op 3 Mei probeer vang het, het gesê hulle sal binnekort weer ʼn poging aanwend. Daar is ‘n groot aanvraag na jagluiperds in ander Afrika-lande waar hierdie diere byna uitgesterf het. Die ontwykende jagluiperdwyfie is reeds aan ʼn reservaat in die buiteland belowe.

Dieter Labuschagne, van SA Jagters se Pretoria-Oos-tak, wat die jongste vangpoging gereël het, het gesê dit was jammer dat dit misluk het, maar hy was beïndruk met die geesdrif en toewyding waarmee verskillende groepe hulle kragte saamsnoer vir ʼn gesamentlike doelwit. “Bewaring van plante en diere berus by die hele gemeenskap en elkeen kan ʼn bydrae lewer. Gewone lede van die publiek kan op verskeie maniere inskakel by bewaringsverenigings en -projekte in hulle omgewing.”

Vir meer inligting oor SA Jagters se aktiwiteite en die 74 takke landwyd, besoek www.sahunters.co.za of skakel 012 808-9300.

Search

Share This Article

More Articles

error: Content is protected !!